17 research outputs found
Literere pryse : 'n oorsigtelike bespreking met voorbeelde uit die Afrikaanse literere veld
CITATION: Bonthuys, M. & Foster, R. 2022. Literere pryse : 'n oorsigtelike bespreking met voorbeelde uit die Afrikaanse literere veld. LitNet Akademies, 19(1):232-260.The original publication is available at https://www.litnet.co.zaLiteratuurpryse het ’n lang geskiedenis en kan beskou word as ’n noodwendigheid binne die
meeste literêre velde. Dit is verder ’n verskynsel wat heelwat media-aandag ontlok en verskeie
voordele vir literêre rolspelers soos skrywers en uitgewerye (kan) inhou. Dit het veral ’n
belangrike kanoniserende funksie – toenemend, in ’n era waarin kommersiële aandag ’n al
groter rol in die literĂŞre veld (asook ander kultuurvelde) speel. Tog is literĂŞre bekronings,
asook die breër terrein van literêre evaluering, nie histories ’n onderwerp wat dikwels deur
letterkundiges akademies ondersoek word nie. Die vernaamste rede hiervoor is die hiërargiese
element verbonde aan kultuurpryse wat dit volgens sommige akademici te subjektief sou
maak om vanuit ’n wetenskaplike hoek te ondersoek, asook die skouspel en omstredenheid wat
geneig is om met die prysverskynsel gepaard te gaan.
In hierdie artikel word gepoog om die verskynsel van literĂŞre pryse te belig deur aandag te
skenk aan fasette soos die geskiedenis en proliferasie daarvan; die verwerwing en uitruiling
van kapitaal – veral in die simboliese sin – wat deel uitmaak van die bekroningsproses; die
kanoniseringsfunksie van literatuurpryse en die veranderende posisie van literĂŞre hekwagters;
die rol of bydrae van pryse binne die literĂŞre veld; en ten slotte die kwessie van omstredenheid
as kenmerkende eienskap van die kultuurprys. Telkens word die bespreking belig met
voorbeelde uit die Afrikaanse literĂŞre veld. Pierre Bourdieu se veldteorie word as teoretiese
raamwerk benut en begrippe soos simboliese kapitaal, sosiale kapitaal, simboliese mag en
die produksie van geloof word ingespan om verskillende fasette van die bekroningsproses te
ondersoek. James F. English (2005) se seminale teks The economy of prestige, wat steeds ’n
toonaangewende bron oor kultuurpryse is, asook onlangse studies oor literĂŞre evaluering en
kultuurpryse, word voorts betrek. Uiteindelik is dit die argument dat literatuurpryse deur die
literatuursosiologiese navorser as belangrike kanoniserende en vormgewende verskynsel binne
die hedendaagse literĂŞre veld verstaan en verken moet word.Publisher's versio
Deur die loergat : ’n ondersoek na die voyeuristiese elemente in Johann de Lange se “Olympia”
ENGLISH ABSTRACT: The term voyeurism is normally seen as belonging to the field of psychology,
where it is used to describe sexual abnormality and deviation. However, this view
stigmatises the phenomenon of voyeurism as a perverse action. In this article the
authors attempt to broaden the concept of voyeurism by indicating the role of the
voyeur in poetry, specifically the oeuvre of Johann de Lange. It is argued that
voyeurism fulfils an essential function in the writing and reading process; that not
only the poet, but also both the text and the reader inevitably share in the
voyeuristic action. Literature, according to this hypothesis, has its origin in the
perspectival complexity of voyeurism. Voyeurism manifests and functions in
different ways in De Lange’s poetry, namely in painting, photography, religion
and the relationship between father and son. This article emphasises the
voyeuristic action in painting and poetry by analysing De Lange’s poem
“Olympia”, which is based on Edouard Manet’s homonymous painting.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die term voyeurisme word gewoonlik tot die gebied van die sielkunde gereken,
waar dit gebruik word om ’n seksuele abnormaliteit of afwyking te beskryf.
Hierdie siening stigmatiseer egter die verskynsel van voyeurisme as ’n perverse
handeling. In hierdie artikel1 word die voyeurisme-konsep uitgebrei deur die rol
van die voyeur in die poësie onder die soeklig te plaas, in die besonder in die
oeuvre van Johann de Lange. Daar word betoog dat voyeurisme ’n wesenlike
funksie in die skryf- en leesproses vervul. Nie net die digter nie, maar ook die
teks en die leser, is deel van die voyeuristiese handeling. Volgens hierdie hipotese
het die letterkunde sy ontstaan in die perspektiwiese kompleksiteit van die
voyeurisme. In De Lange se poësie manifesteer en funksioneer die voyeurisme in
verskillende vorme: in die skilderkuns, die fotografie, die godsdiens en die
verhouding tussen vader en seun. Hierdie artikel beklemtoon die voyeuristiese
handeling in die skilderkuns en die poësie deur ’n bespreking van De Lange se
gedig “Olympia”, wat gebaseer is op Edouard Manet se gelyknamige skildery.Publishers' versio
Die dier as teken in Wilma Stockenstrom se Monsterverse
Proefskrif (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1987.Full text to be digitised and attached to bibliographic record
Postmodernisme en poesie, met spesifieke verwysing na die historiografiese metagedig 'Die heengaanrefrein' van Wilma Stockenstrom
Dissertation (PhD)--Stellenbosch University, 2000.ENGLISH ABSTRACT: The main aim of this study is to investigate the possibility of using a postmodern reading strategy
for Afrikaans poetry, in particular that type of poetry which, following Linda Hutcheon, I will call
historiographic metapoetry. The investigation consists of four phases. Firstly, in order to
implement Hutcheon's model, cognisance will be taken of the theory of postmodernism (chapters 1-
3), particularly with regard to poetry, since the latter is apparently a marginalised genre in this
theorisation. The second phase of the investigation encompasses a discussion of the discourse on postmodernism and poetry in America, the NetherlandsIFlanders and in Afrikaans (chapters 4-6,
respectively). Attention is given to matters such as the developmental history of postmodernism,
theorising on postmodern poetry and the practice of anthologising. The third phase bridges the gap
between research on postmodernism and that on historiographic metapoetry (chapter 7). The focus
will be on Pirow Bekker's poem "Apollo Smintheus", with specific attention being given to the
representation of the event (the journey of Jonas de la Guerre into the hinterland in 1664) in the
journal texts and other historiographic sources. Hutcheon's distinction between event and fact will
also be adopted in the analysis.
The last phase of this study is an application of Hutcheon's model to Wilma Stockenstrëm's poem,
Die heengaanrefrein, a self-reflexive text on the arrival of the Huguenots in South Africa in 1688
(chapters 8-12). As an introduction to the discussion of the text, the problematising of various
types of borders in the poem is examined. This is followed by an analysis of extracts from Die
heengaanrefrein with reference to four matters that are, according to Hutcheon, central to postmodern
theory and practice. These are: intertextuality, parody and the discourses of history; the
problem of reference; the subject and the representation of subjectivity; and lastly ideological
implications and political double-coding. The discussion of Die heengaanrefrein is supplemented
with shorter discussions of other texts, for example, George H. Weideman's "Kieselguhr-kleim",
two short poems from Breyten Breytenbach's Soos die so and P.J. Philander's poems "Die klippe
praat" and "Genesis". In Chapter 13, the final chapter, the findings are summarised and Hutcheon's
model is evaluated.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doelstelling met hierdie studie is 'n ondersoek na die moontlikheid om 'n postmodernistiese
leesbenadering aan te wend by die lees van die Afrikaanse poësie, in die besonder daardie soort
gedigte wat ek na aanleiding van Linda Hutcheon historiografiese metapoësie wil noem. Die
ondersoek bestaan uit vier fases. Ten einde Hutcheon se model te implementeer, word daar eerstens
bestek geneem van die teoretisering oor die postmodernisme (hoofstukke 1-3), veral wat die
poësie betref, aangesien laasgenoemde 'n gemarginaliseerde genre in hierdie teoretisering blyk te
wees. Die tweede fase van die ondersoek omvat 'n bespreking van die diskoers oor postmodernisme
en poësie in onderskeidelik Amerika, NederlandIVlaandere en Afrikaans (hoofstukke 4-6).
Sake wat aandag geniet, is die ontwikkelingsgeskiedenis van die postmodernisme, die teoretisering
oor postmodernistiese poësie en die antologiseringspraktyk. Die derde fase is 'n oorbrugging
tussen die navorsing oor die postmodernisme en dié oor historiografiese metapoësie (hoofstuk 7).
Pirow Bekker se gedig "Apollo Smintheus" kom onder die soeklig, met spesifieke aandag aan die
representasie van die gebeurtenis (die sogenaamde landsreis van Jonas de la Guerre in 1664 die
binneland in) in die joernaaltekste en ander historiografiese bronne; Hutcheon se onderskeid tussen
event en fact word ook betrek. Die laaste fase van die studie is 'n toepassing van Hutcheon se
modelop Wilma Stockenstrom se gedig Die heengaanrefrein, 'n selfbesinnende teks oor die koms.
van die Hugenote na Suid-Afrika in 1688 (hoofstukke 8-12). Ter inleiding van die teksbespreking
word die problematisering van verskillende soorte grense in die gedig nagegaan. Dit word gevolg
deur analises van fragmente uit Die heengaanrefrein na aanleiding van vier kwessies wat volgens
Hutcheon sentraal staan in die postmodernistiese teorie en praktyk. Hierdie sake is: intertekstualiteit,
parodie en die diskoerse van die geskiedenis; die problematiek van referensialiteit; die
subjek en die representasie van subjektiwiteit; en ideologiese implikasies en politieke dubbelkodering.
In die loop van die studie word die bespreking van Die heengaanrefrein aangevul met
korter besprekings van ander tekste, soos byvoorbeeld George H. Weideman se "Kieselguhr-kleim",
twee gedigte uit Breyten Breytenbach se Soos die so en P.J. Philander se gedigte "Die klippe praat"
en "Genesis". Inhoofstuk 13, die sluitstuk, word die bevindinge saamgevat en Hutcheon se model
beoordeel
Epistemologiese en ontologiese dominante in "Die beiteltjie" van N.P. van Wyk Louw en "Kieselguhr- kleim" van George Weideman
In this article the concept of "the dominant", as introduced by the Russian Formalists Jurij Tynjanov and Roman Jakobson and elaborated by Brian McHale, is applied in a discussion of two Afrikaans poems by N.P. van Wyk Louw and George Weideman. McHale argues that the difference between modernist and postmodernist texts may be found in the shift of the dominant from problems of knowing to problems of modes of being - from an epistemological dominant to an ontological one. The discussion of the two poems is supplemented by Linda Hutcheon's theory of double-coding and historiographic metafiction. While Louw's poem is shown to be mainly epistemological, Weideman's poem is characterized by double-coding, the presence of both epistemological and ontological aspects, the paradoxical inscribing ond contesting of modernist conventions, and the combination of both historiographic and metapoetic elements. As such, it might be regarded as an early example of Afrikaans historiographic metapoetry
Epistemologiese en ontologiese dominante in "Die beiteltjie" van N.P. van Wyk Louw en "Kieselguhrkleim" van George Weideman
Epistemological and ontological dominants in two Afrikaans poems [Afrikaans]
In this article the concept of the dominant, as introduced by the Russian Formalists Jurij Tynjanov and Roman Jakobson and elaborated by Brian McHale, is applied in a discussion of two Afrikaans poems by N.P. van Wyk Louw and George Weideman. McHale argues that the difference between modernist and postmodernist texts may be found in the shift of the dominant from problems of knowing to problems of modes of being – from an epistemological dominant to an ontological one. The discussion of the two poems is supplemented by Linda Hutcheon's theory of double-coding and historiographic metafiction. While Louw's poem is shown to be mainly epistemological, Weideman's poem is characterized by double-coding, the presence of both epistemological and ontological aspects, the paradoxical inscribing and contesting of modernist conventions, and the combination of both historiographic and metapoetic elements. As such, it might be regarded as an early example of Afrikaans historiographic metapoetry.
Key Words: The dominant (Tynjanov & Jakobson), Afrikaans poetry, N.P. van Wyk Louw, George Weideman, metapoetry.
Epistemologiese en ontologiese dominante in "Die beiteltjie" van N.P. van Wyk Louw en "Kieselguhr-kleim" van George Weideman
In hierdie artikel word die konsep van die dominant, soos voorgestel deur die Russiese Formaliste Jurij Tynjanov en Roman Jakobson en later uitgebrei deur Brian McHale, benut in 'n bespreking van twee gedigte deur N.P. van Wyk Louw en George Weideman. McHale is van mening dat die verskil tussen modernistiese en postmodernistiese tekste gevind kan word in 'n oorgang van 'n epistemologiese dominant tot 'n ontologiese een - dit wil sê van 'n dominant waarin kennisteoretiese vrae oorheers tot 'n dominant waarin syns- of wesensvrae oorheers. Die bespreking van die twee gedigte word aangevul met Linda Hutcheon se teorie oor dubbelkodering en historiografiese metafiksie. Daar word betoog dat Louw se gedig hoofsaaklik epistemologies van aard is, terwyl Weideman se gedig gekenmerk word deur dubbelkodering, die aanwesigheid van sowel epistemologiese as ontologiese aspekte, die paradoksale hantering en ondermyning van modernistiese konvensies, en die kombinasie van sowel historiografiese as metapoëtise elemente. Weideman se "Kieselguhr-kleim" kan dus beskou word as 'n vroeë voorbeeld van die historiografiese metapoësie in Afrikaans. Sleutelwoorde: die dominant (Tynjanov & Jakobson), die Afrikaanse poësie, N.P. van Wyk Louw, George Weideman, metapoësie.
Tydskrif vir letterkunde Vol.41(1) 2004: 49-6
Over grenzen : een vergelijkende studie van Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse poëzie = Oor grense : 'n vergelykende studie van Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse poësie /
Includes bibliographical references and index