5,374 research outputs found

    Antropologiese wetenskappe en die beeld van God

    Get PDF
    Die volgende gedagtes skryf ek neer na aanleiding van die belangrike teologiese studie van prof. dr. G. C. Berkouwer “De Mens en het Beeld van God.”') Van wysgerige kan het hierdie tema al vir jare my belangstelling geniet, veral die vraag of nie die onderskeie wetenskappe aangaande die mens") in hul betrokke grondidee die ,,beeld van God” tot sy reg behoort te laat kom nie aan die een kant in wissel werkingmet die teologie, en aan die ander kant volgens wat in hul betrokke velde van ondersoek geopenbaar is

    Die samehangende verskeidenheid van mens­like vryheid veral in samelewingsverband (wo. Universitêre en akademiese vryheid)

    Get PDF
    Ons tref menslike vryheid (en verslaafdheid) as positiewe idion (verskynsel) by sy handelinge aan. (Ons verstaan „handeling” in ruime sin en sluit o.a. aktes, wo. bv. dink, liefhê, waardeer en kies daarby in). Menslike vryheid') is as handeling (i) roepingsvervullende antwoor- ding (ii) op die aan die mens geskenkte (en hom verplig- tende) moontlikheid van keuse (iii) in onderworpenheid (resp. gehoorsaamheid) aan die betrokke behorenseise w aaronder die mens ás méns staan

    Wonder en wet

    Get PDF
    Ons noem mens, plant, dier, stof en energie en ook eienskappe, kwaliteite, funksies, oorsake, handelinge, ens. „dinge”.1 Wet veronderstel eerstens „dinge” met hul relasies

    Menslike vryheid 1)

    Get PDF
    ’n Mens se opvatting van vryheid hang af van sy lewensen wêreldbeskouing (wo. sy religieuse geloof) en sy „ervaring” én (wetenskaplik:) van sy Godsidee (resp. idee van die ..Absolute” of „Algenoegsame"), sy mensidee en sy wêreldidee (of kosmosidee) asook van sy opvatting van die onderlinge verhouding van God (resp. die „Abso- lute”), mens en wêreld (wo. die met hierdie verhoudings gegewe wetsidee of idee van die wetsorde). En hoe ver-skil by wetenskaplikes (teoloë, wysgere en vakwetenskaplikes) nie al hierdie ideë nie! Dit is dan ook geen wonder dat daar so baie (onderling botsende) vryheidsbeskouings bestaan nie — te meer waar die vryheidsprobleem besonder ingewikkeld en moeilik is

    Christelike wetenskap

    Get PDF
    Op die publikasie van die C.N.O.-beleid deur die I.C.N.O. het die “Association of University Workers,” die “Education League” en die “League of Women Voters” in brosjures en in die pers gereageer—reaksies wat in ons party-politieke stryd verstrik geraak het

    Die ekonomiese in perspektief

    Get PDF
    Die kern van my betoog in die diskussie1)oor die ekonomiese sou ek asvolg wil stel. Ook in die ekonomie (as gegewe enas vakwetenskap) behoort met die(betrokke faset van die) beeld van Godrekening gehou te word. Waar (volgensdie kosmiese dimensie van gebeur-tenisse) kringe van bv. kuns en wetenskapteleologies af (afgerond) is insover hulle in eie kring hul bestemmingvind, daar is die ekonomiese teleologiesonaf, omdat die ekonomiese ’n eksternebestemming het, nl. die doelmatigevoorsiening aan ander kringe van goederewat hulle as middele nodig het virdie behartiging van hul betrokke take

    Dit is ons erns met ons P.U, vir C.H.O.!

    Get PDF
    Die Potchefstroomse Universiteitskollege is in 1922 in die Universiteit van Suid-Afrika geĂŻnkorporeer

    Moet ons die sedelike tot 'n funksie beperk?

    Get PDF
    Met besonder belangstelling het ek hierdie geesdriftige en interessante bydrae van dr. Taljaard gelees. My diskussie beperk ek weens plaasruimte tot enkele hoofgedagtes, al sou ek graag op meer ingegaan het

    'n groot universitĂŞre leier het heengegaan

    Get PDF
    Hy was ’n groot universitêre leier. En dan dink ons in die eerste plek aan ons jong maar ryk geskakeerde volkslewe as volksuniversiteit
    • …
    corecore