657 research outputs found
New resuscitation connexion
The original publication is available at http://www.samj.org.za[No abstract available]Publishers' versio
DIE GOUE VERSE VAN PUTHAGORAS
Die Goue verse (Xpvcra âŹnn) van die Puthagoreers is 'n kort gedig van 71 heksameters watmore1e en godsdienstige voorskrifte bevat. Alhoewe1 dit vandag relatief onbekend is, selfs onderklassici, was dit baie gewild en hoogaangeskrewe in die Antieke. In hierdie artike1 sal gepoogword om sommige van die redes hiervoor aan te toon
âMOENIE OP LAND SEIL NIEâ: WYSHEID EN HERMENEUTIEK IN DIE AKOESMATA VAN PITAGORAS
Een van die belangrikste nalatenskappe van die antieke Grieke is dat hulle die basis gelĂȘ het vir die moderne wetenskaplike wĂȘreldbeskouing. Die proses waardeur die vroeĂ« Grieke vanaf ân mitologiese verklaring van die werklikheid tot ân meer abstrakte, rasionele nadenke oor natuurlike en sosiale verskynsels gekom het, het egter nie oornag plaasgevind nie: die tydperk vanaf die eerste natuurfilosoof, Tales, tot Plato en Aristoteles beloop meer as twee eeue. Die ontstaan en verloop van hierdie proses bied vir ons vandag nog belangrike insigte in die aard van menslike denke en in die wyse waarop die mens probeer sin maak van sy fisiese en sosiale omgewing. Ironies genoeg het ons vandag, in die sogenaamde postmoderne tyd, miskien meer waardering vir die kompleksiteit waarmee hierdie vroeĂ« denkers geworstel het as mense van ân paar dekades gelede
CURRICULUM VITAE PJCONRADIE
Pieter Jacobus Conradie is op 7 Febroarie 1931 as die oudste van sewe kinders in
Grahamstad gebore. Sy vader was 'n predikant, en daarom moes hulle verskeie kere
gedurende sy skool- en universiteitsjare verhuis. Hy het op Grahamstad begin
skoolgaan, maar hulle het spoedig na Loxton getrek en kort daarna weer na
Rondebosch, waar hy eers by Groote Schuur Laerskool en later by Hoerskool
Nassau skoolgegaan het. Dit was hier, geinspireer deur sy Latyn-onderwyser, mnr.
C J van Dyk, waar die grondslag vir sy Hefde vir die Klassieke gele is
REDAKSIONEEL
In die Jig van die feit dat meer as 90% van die studente wat Grieks by Afrikaanse universiteite
neem teologiese studente is, is dit nie verbasend dat 'n groot dee! van die voorgraadse
kursusse aan die Nuwe Testament gewy word nie. Trouens, al die Grieks departemente by
hierdie universiteite maak gebruik van 'n inleidende grammatika-kursus wat op die Nuwe
Testament afgestem is; dit bring mee dat studente in die eerste jaar hoofsaaklik NuweTestamentiese
Grieks lees. Selfs in die tweede en derde jaar maak die Nuwe Testament
komponent minstens 50% van die totale Jeesbestek uit. Hierdie konsentrasie op die Nuwe
Testament is heel verstaanbaar as in ag geneem word dat teologiese studente van die
Afrikaanse kerke Grieks minstens tot op tweedejaarsvlak as verpligte kursus moet volg en dat
sodanige studente dikwels weinig belangstelling vir die Griekse kultuur self het
Op Griekse lier: Vroeë Griekse liriese poësie, vertaal en toegelig
Enige boekpublikasie in Afrikaans oor die Klassieke letterkunde is ân besondere gebeurtenis. VanweĂ« die beperkte leserspubliek is skrywers Ă©n uitgewers huiwerig om in Afrikaans te publiseer. ân Boek oor die Griekse liriese poĂ«sie â in vele opsigte die stiefkind van die antieke Griekse letterkunde â is des te meer ân waagstuk. As daar egter iemand is wat so ân projek met vrymoedigheid kan aandurf, is dit Henderson, ân emeritusprofessor in Griekse en Latynse Studies aan die Universiteit van Johannesburg, wat hom oor verskeie dekades al as ân wydgerespekteerde kenner van die vroeĂ« Griekse digkuns bewys het. Die basis vir die huidige publikasie is inderdaad reeds bykans 20 jaar gelede gelĂȘ in twee uitstaande boeke oor die Griekse digkuns wat Henderson in 1986 en 1988 saam met J H Barkhuizen en C A van Rooy gepubliseer het (Kalliope I en II; Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika). My enigste wesenlike kritiek oor daardie twee boeke was dat dit nie vertalings van die Griekse gedigte bevat het nie (kyk my resensies in Akroterion 32[1] en 34[3-4]), ân leemte wat deur die huidige publikasie ruimskoots reggestel word
IN MEMORIAM: ALBERT VICTOR (BERT) VAN STEKELENBURG (31.03.1940 - 11.03.2003)
Bert van Stekelenburg is op 11 Maart 2003 oorlede toe hy tydens een van sy ornitologiese ekspedisies tussen Antarktika en PatagoniĂ« suid van Chile oorboord geval het. Hy word oorleef deur twee broers in Nederland en ân suster in Frankryk. Bert is gebore in Eindhoven. In 1965 het hy as onderwyser begin om Klassieke te onderrig aan akademiese hoĂ«rskole in Nederland. Nadat hy vir ân tydperk in Rome navorsing gedoen het, het hy in 1971 ân DLitt et Phil in Klassieke Tale ontvang aan die Universiteit van Leiden met die proefskrif De Redevoeringen by Cassius Dio. Naas Nederlands, Afrikaans en Engels was hy ook Duits, Frans, Italiaans en Spaans magtig
- âŠ