17 research outputs found

    Can product information steer towards sustainable and healthy food choices? A pilot study in an online supermarket:A pilot study in an online supermarket

    Get PDF
    Sustainable dietary choices have become increasingly important because of the current environmental threats the world is facing. Nonetheless, consumers find it difficult to assess a product’s sustainability and therefore make better choices. This pilot study tested whether explanatory product information about sustainability increased sustainable purchases in an online supermarket and whether additional health information increased message effectiveness. Perceived consumer effectiveness (i.e., the perception of the degree to which individual actions can contribute to environmental problems) and green skepticism were hypothesized to mediate the effect of message type, and environmental attitudes were included as the moderator. An experiment using a one-factor design was conducted among 101 participants who were assigned to one of three experimental conditions: sustainability claim only, explanatory sustainability claim, and explanatory sustainability and health claim. Analyses showed that an explanatory sustainability claim (regardless of whether this claim was accompanied by a health claim) led to fewer sustainable purchases through perceived consumer effectiveness but only for those with low environmental attitudes. No effects were found for the addition of a health claim. The results from this pilot provide insight for future studies that aim to examine how online supermarkets should communicate to increase sustainable purchases

    Die beeldhouer Samson Makwela : 'n tydelike uitstalling

    Get PDF
    In Oktober 1976 het die skrywer, destyds vakkundige vir Volkekunde aan die Kultuurhistoriese en Opelugmuseum in Pretoria, ‘n uitnodiging ontvang om die eerste uitstalling van beeldhouwerke van Samson Makwala aan die huis van Prof. C.W.H. Boshoff in Pretoria te besoek. Die direkte aanleiding vir hierdie uitnodiging was die volkekunde-uitstalling in die Museum wat die organiseerders van die eerste Makwala-uitstalling juis pas tevore besigtig het. Sonder dat die museum die beeldhouer nog leer ken het, het iemand dus reeds ‘n verband tussen ‘n Volkekunde-uitstalling en die beeldhouer Samson Makwala gesien. ‘n Persoonlike kennismaking met die beeldhouer en sy werke het by sy uitstalling in November plaasgevind. Dit het dadelik opgeval dat ‘n mens hier te doen het met ‘n besonder begaafde man. Daar is aan die een kant die estetiese sy van die werke wat baie bevredig het, maar dan was daar die temas wat as onderwerpe gekies is wat vir veral die volkekundige besonder treffend is. Stamlede in tradisionele drag, is uitgebeeld waar hulle met aktiwiteite besig is, byvoorbeeld die voorbereiding van voedsel, die opleiding van inisiante, insameling van veldkos, en derglike meer. Die trefkrag van die werke lê ook in die natuurlike houding waarin die figure uitgebeeld is, en verder in die goeie gebruik van die twee media waarin die beeldhouer werk: bosveldhoutsoorte en seepsteen. Tegnies was die beeldhouwerke goed afgewerk en het netjies vertoon. Die beperkinge en die moontlikhede wat die materiaal gebied het, is kunstig deur die beeldhouer benut. Die besoek aan hierdie uitstalling aan die huis van prof. Boshoff het die gedagte laat ontstaan dat sulke beeldhouwerke goed tot hulle reg sou kom in die Volkekunde-uitstalling van die museum. Ds. H.F. Verwoerd, sendeling in Lebowa in die tuisgebied van Makwala, was grootliks verantwoordelik vir die eerste uitstalling van Makwala se werke. Nadat die gedagte van ‘n uitstalling in die museum teenoor hom genoem is, is hy en Makwala genooi om die Volkekunde-uitstalling te kom bekyk. Albei was baie geesdriftig oor die gedagte en het die volkekundige atmosfeer van die museum se uitstalling as ‘n goeie omgewing vir die beeldhouwerke beskou. So het die plan posgevat om ‘n tydelike uitstalling van Samson Makwala se werke aan te bied in die Volkekunde-afdeling van die museum. Op tentatiewe basis is daar besluit om ongeveer ses maande later so ‘n uitstalling aan te pak. Dit sou sowel die beeldhouer as die museum die geleentheid bied om daarvoor voor te berei.Diploma (Arts)--University of Pretoria, 1978.Visual ArtsDipl. ArtsUnrestricte
    corecore