658 research outputs found

    Noord-Rhodesië

    Get PDF
    Afgesien van die vervulling van 'n ou belofte is my doel met hierdie artikel  slegs om in drukke weer te gee van persoonlike waarnemings, teneinde belangstelling op te wek vir ’n land wat saam met aangrensen degebiede vandag onder bespreking is

    Die apologetiese taak van die kristelike wysbegeerte*

    Get PDF
    Die Wysbegeerte stel sig tot taak om ’n beredeneerde verklaring te gee van alle bestaande as geheel geneem, van die heelal as heelal. Om sy doel te bereik moet die wysbegeerte uitgaan van die resultate van die wetenskap. Nie dat die wysbegeerte niks anders sou wees as ’n samevatting van die resultate van die besondere wetenskappe nie. Nee, hoewel op wetenskap gegrond, trag die wysbegeerte om bo die wetenskap uit te strewe en deur tedring tot die prima principia. Die wysbegeerte wil die laaste gronde van alle dinge ondersoek om daarop ’n wereldbeskouing te bou

    Die wiskundige verhoudingsbegrip in die tydperk voor Euclides

    Get PDF
    DIE OU EGIPTENARE: Die volke wat hulle voor die Griekse tydperk met wiskunde besig gehou het, het hulle nie veel aan algemeengeldige begrippe gesteur nie

    Die Goddelike wetsorde en die beoefening van die wetenskap.

    Get PDF
    Op 30 Januarie 1952 tydens die sitting van die Sinode van die Geref. Kerk het prof. dr. J. D. du Toit in die stadsaal van Potchefstroom ’n rede uitgespreek oor „Transformasie soos deur Vuur” . In hierdie pragrede by geleentheid van die plaaslike viering van die Van Riebeeck-fees het prof. Du Toit daarop gewys dat die allesoorheersende feit in verband met die landing van Van Riebeeck was dat hy die „Christelike Religie” of die „Gereformeerde Christelike Leer” (soos Van Riebeeck self dit in sy bekende gebed bestempel het) hier na Suid-Afrika oorgeplant het

    Beskrywing en verklaaring in die Natuurwetenskap

    Get PDF
    Die waarneming van die n a tu u r en die beoefening van die natuurwetenskap het met die eerste mens begin

    Wiskunde in Suid-Afrika*

    Get PDF
    By ’n geleentheid soos hierdie is die versoeking nogal sterk om retrospektief te w erk te gaan en 'n poging aan te wend om die verlede soos dit in eie persoon belewe is, die revue te laat passeer. Dit is miskien nie m eer as natuurlik nie dat ’n mens dan m eer geneig voel om op die afgelegde weg terug te kyk as om jou aan koersaanwysing vir die toekoms te waag. Vir die m eeste van u, geagte oudstudente, is w at verby is nie van soveel belang as wat die hede aanbied of die toekoms in sy skoot het nie. My taak nader sy einde, u werk lê hopelik nog vir die grootste gedeelte voor u. Wei is dit ’n troosryke gedagte w at u my sal vergun om te koester, dat die band wat daar tussen u en my gelê is, ook in vakkundige opsig nie finaal deurgesny is toe die dae van regstreekse, persoonlike kontak verby was nie. Die onderwyser is nou m aar eenmaal so onbe- skeie om in die loopbaan en prestasies van sy leerling tot 'n mate ’n verlengstuk van sy eie werk te sien

    Modernisering van die Wiskunde-onderwyser

    Get PDF
    ’n Beroep is die beskrywing „professie” waardig, indien dit aan die volgende voorwaardes voldoen:Die praktyk moet op ’n versameling georganiseerde of geordendeabstrakte kennis berus.Die kennis moet van sodanige omvang en ingewikkeldheid weesdat dit alleen oor ’n lang tydperk bemeester kan word deurindividue wat geselekteer is op grond van aanleg en roeping.Dié wat die kennis vergader moet in staat wees om ’n noodsaaklikeopenbare diens te verrig op ’n beter wyse as dié watnie oor die kennis beskik nie

    'n Eie Suid-Afrikaanse staatstelsel.

    Get PDF
    Wanneer ons dink aan ons toekomstige Republiek word met reg dievraag gestel: watter soort Republiek ons as ideaal stel? Hierop kan net een antwoord wees: ’n Republiek met ’n eie Suid-Afrikaanse staatstelsel soos geopenbaar in die Republieke van die Oranje-Vrystaat en die Transvaal

    Probleme in verband met verstandstoetse in twee tale

    Get PDF
    Die eerste vraag wat onsmoet beantwoord, is Wat is verstandstoetse?Daar bestaan vandag letterlik duisendetoetse. Daar is kennistoetse, aanlegstoetse,vaardigheidstoetse en dan ook dit wat asverstands- of intelligensietoetse bekendstaan. Laasgenoemde is egter baie moeilikdefinieerbaar. Die meeste van die toetse maak daarop aanspraak dat sekere verstandelike vermoëns gemeet word. Tog bly dit moeilik om te sê wat intelligensieeintlik is

    'n Ontleding van die Wiskundige verhoudingsbegrip van leerlinge in standerd agt, nege en tien

    Get PDF
    In Suid-Afrika is onder Amerikaanseinvloed die vormende waarde van sekereleervakke taamlik uit die oog verloor. Gevolglik het sommige middelbare skole van Rekenkunde ’n „keusevak” gemaak, met die gevolg dat die Rekenkunde-onderwysheeltemal op die agtergrond geraak het
    • …
    corecore