10 research outputs found

    Wat is 'n held?: Herkonseptualisering van die Boerekrygerbeeld na 1961

    Get PDF
    The traditional heroic image of the Boer warrior who fought in the South African War, which was utilised in the earlier phases o fAfrikaner nationalism to promote Afrikaner unity around conservative religious and political values, has been adopted to suit a new value system in the Afrikaner culture in the post-1961 period. The establishment of the Republic ofSouth Africa and the prosperity of the 1960s marked the zenith o fAfrikaner power, but was followed in the 1970s and 1980s by the decline of Afrikaner power under immense pressure. In the 1990s the Afrikaners relinquished their political domination in South Africa. Against this background of rapidly changing fortunes the validity of the traditional heroes, symbol3 and rituals of Afrikanerdom was questioned by some Afrikaner intellectuals. The traditional image o f the Boer warrior also came under scrutiny. A number of texts in the Afrikaans historiography and literature are analysed in this article to indicate how the Boer warrior image was reconceptualised. Divisions in Afrikanerdom has caused this image to become diversified

    Dis nou ek: Carel Boshoff, ’n outobiografie.

    Get PDF
    Carel Boshoff. Pretoria: LAPA Uitgewers, 2012. 595 pp. ISBN: 978-0-7993-5193-4

    Revisiting the causes of the South African War - Smith, R. 1996. The origins of the South African War, 1899 - 1920. [Book review]

    No full text

    Die “sluipmoordenaar”1 en die “patriot”: Hendrik van den Bergh, John Vorster, John Harris en die Johannesburgse stasiebom, 24 Julie 1964

    No full text
    Tydens spitstyd op Vrydagmiddag 24 Julie 1964 het ’n bom by die Johannesburgse stasie ontplof. Een van die beseerdes, ’n bejaarde vrou, is dae later in die hospitaal dood. Die bomplanter, John Harris, is op die dag van die ontploffing gearresteer, voor die einde van 1964 verhoor, skuldig bevind aan moord en ter dood veroordeel. Sy appèl was onsuksesvol en hy is op 1 April 1965 gehang. Bewerings is oor die jare deur verskillende persone gemaak dat Hendrik van den Bergh, wat destyds die hoof van die veiligheidspolisie was, en John Vorster, wat die minister van justisie was, voor die ontploffing van die bom geweet het, maar niks gedoen het om dit te keer nie, en daarom medepligtiges was aan die misdaad waarvoor Harris tereggestel is. In hierdie artikel word historiese kritiek aangewend om te bewys dat die aantygings teen Van den Bergh en Vorster vals is. Die artikel demonstreer dat historici ’n verantwoordelikheid en plig het om die mynveld van historiese onwaarhede wat deur propagandiste vir en teen apartheid agtergelaat is, op te ruim

    Verteerbare patriargie? Angus Buchan, die mighty men en manlikheid

    No full text
    OPSOMMING: Angus Buchan as charismatiese herlewingsevangelis en sy Mighty Men-beweging oefen sedert 2004 'n beduidende invloed uit op die Suid-Afrikaanse godsdienstoneel en spesifiek op konserwatiewe sienings van manlikheid onder blanke Suid-Afrikaners. Buchan verkondig die herstel van manlike hoofskap in gesinne as die redmiddel om die samelewing reg te ruk. In hierdie artikel word Buchan se idees oor manlikheid en die rol van mans, asook die reaksie en kritiek op die Buchan-verskynsel, bespreek, ontleed en beoordeel. Die belangrikste teoretiese vraag is of die feministiese kritiek teen Buchan geregverdig is, naamlik dat sy soort "sagte patriargie" gevaarlik is omdat dit 'n subtiele manier is om patriargale magsverhoudings in die samelewing in stand te hou, wat huishoudelike geweld eerder sal bevorder as verminder. Die bevinding is dat dié monolitiese beskouing van patriargie die feministiese kritiek op Buchan eensydig maak en dit kortwiek, aangesien so 'n siening geen krediet gee aan "sagte patriargie"-bewegings vir die aanduibare positiewe invloed wat hulle op mans se gedrag uitoefen nie. Daar bestaan geen getuienis dat Buchan se weergawe van manlike hoofskap die potensiaal vir huishoudelike geweld onder blanke Suid-Afrikaners verhoog nie. Hierdie opinie-artikel is gebaseer op 'n literatuurstudie. Verdere empiriese navorsing word benodig om die bevindings te bevestig. ABSTRACT: Palatable patriarchy? Angus Buchan, the "Mighty Men" and masculinity Angus Buchan as charismatic revival evangelist and his Mighty Men movement have, since 2004, been influential in South African religious circles and particularly in shaping conservative views of masculinity among white South Africans. Buchan preaches the revival of male headship in households as a key to solving societal troubles. In this article Buchan's ideas on masculinity and the role of men, as well as responses to and critiques of the Buchan phenomenon, are discussed, analysed and assessed. Buchan's position in the evangelical movement and the "men's movement" is contextualised. His strategy as a charismatic leader of identifying problems facing men in the contemporary world and of exploiting the disillusionment of white men with the situation in South Africa to build a following for his conservative male headship concept, as well as his ideas about complementary roles for men and women in the household, the church and society, based on simple and old-fashioned "Biblical values", is outlined. Links between other conservative movements, such as Robert Bly's mythopoetic movement, the Promise Keepers and John Eldredge's ministry, and the Mighty Men movement are indicated. It is shown how Buchan has created his own "trade mark" by projecting himself as a simple farmer, an ambassador of God and "Uncle Angus", the family man. In this way he has succeeded in getting the "man in the street" to identify with him as a role model of conservative masculinity and his "back to basics" message.http://reference.sabinet.co.za.nwulib.nwu.ac.za/document/EJC141440http://reference.sabinet.co.za.nwulib.nwu.ac.za/sa_epublication/litne

    Learners, teachers, professors and historical conciousness.

    No full text
    The following main points will be covered: • What is historical consciousness and why is it significant?; • The level of development of historical consciousness among SA learners; • Possibilities of a historical consciousness approach to history teaching; • Obstacles in the way of closer co-operation in this regard between stakeholders such as history professors, teachers and learners; • Recommendations to try and forge a stronger partnership between these stakeholders in the development of historical consciousness

    Fact and fiction: representations of the South African War in Afrikaans history writing and literature.

    No full text
    Beide feit en fiksie was nog altyd komponente van geskiedskrywing. In die onlangse verlede het postmodernistiese idees die vreedsame naasbestaan tussen feit en fiksie in geskiedskrywing versteur deur die onderskeid tussen die twee te probeer ophef, waarheidsaansprake deur historici te bevraagteken en die bestaansreg van geskiedenis as 'n wetenskap in twyfel te trek. Sommige historici het afwysend hierop reageer, maar ander het dit as 'n uitdaging gesien. 'n Groeiende besef het onder historici posgevat dat die soeke na historiese waarheid bevorder kan word deur aan sowel feit as fiksie hul regmatige plek in die geskiedskrywing te verleen. In Afrikaanse intellektuele kringe was daar ook in die afgelope paar jaar indringende besinning oor hoe die verlede hanteer moet word. In literêre tekste was daar, onder postmodernistiese invloed, toenemende bemoeienis met die verlede. Die idee dat daar geen essensiële verskil tussen fiksie en geskiedskrywing is nie en dat die romanskrywer 'n geskiedskrywer kan word, het veld gewen. Klein narratiewe het die korrektheid van die historiese metanarratief, dit is die tradisionele historiografiese beskouings, bevraagteken. Daar is sprake van 'n "herverbeelding" en 'n "heronderhandeling" van die verlede. Historici is uiteraard skepties oor die "oortreding" van letterkundiges op hulle terrein. Interaksie tussen Afrikaanse fiksie- en geskiedskrywers open nietemin interessante nuwe moontlikhede vir die interpretasie van die verlede. In hierdie artikel word enkele resente literêre tekste en geskiedeniswerke, wat die Anglo-Boereoorlog as tema het, ontleed om vas te stel hoe sodanige interaksie ontwikkel en wat die implikasies daarvan is. Dit is duidelik dat veranderde omstandighede in Suid-Afrika sienings in Afrikanergeledere oor die Anglo-Boereoorlog sterk beïnvloed het. Trouens, die hervertolking van die Anglo-Boereoorlog gaan vir die Afrikaner in die eerste plek oor die herdefiniëring van die self in die huidige. Dit hou in 'n groot mate verband met die hedendaagse Afrikaner, 'n eeu na die oorlog, se soeke na 'n nuwe selfbeeld/kulturele identiteit in 'n meer inklusiewe samelewing

    "Carrying the torch forward" : the role of the youth wing of the Ossewa-Brandwag, 1939-1952

    No full text
    Die Ossewa-Brandwag (OB) was die grootste van 'n aantal nasionalisties-politiese bewegings wat onder Afrikaners in Suid-Afrika tydens die Tweede Wêreldoorlogtydperk bestaan het, en wat na nasionaal-sosialisme geneig het. Hierdie artikel handel oor die rol van die OB se jeugvleuel, wat aanvanklik as die Jeugfront, en later as die Boerejeug bekendgestaan het. Die oorsprong, stigting, doelstellings, organisasie en aktiwiteite daarvan word in meer besonderhede bespreek. Alles was gerig op volksdiens in belang van die Afrikanervolk. Van die middel van die 1940’s af, het die Nasionale Party (toe bekend as die Herenigde Nasionale Party) die politieke steun van al meer Afrikanernasionaliste verkry, ten koste van die OB. In 1948 het dié party die parlementêre verkiesing gewen en die nuwe regering geword. Aangesien die OB sy bestaansrede verloor het, is dit (insluitend die jeugvleuel) in 1952 ontbind. Gedurende die kort bestaan van die Boerejeug, het dit, ten spyte van goeie leierskap en deeglike organisasie, nooit daarin geslaag om sy ideale op groot skaal te verwesenlik nie, aangesien veranderende omstandighede dit nie toegelaat het om die populêre volksbeweging te word wat dit gestig is om te wees nie. Daardie eer het die Nasionale Party en sy geaffilieerde organisasies te beurt geval. Die nalatenskap van die OB en sy jeugvleuel, veral die republikeinse ideaal, het egter bly voortbestaan in die ideale van die Nasionale Party en het versmelt in die breë stroom van seëvierende Afrikanernasionalisme.The Ossewa-Brandwag (OB) was the largest of a number of nationalist political movements which existed in the Afrikaner society in South Africa during the period of the Second World War, and which were inclined towards national socialism. This article deals with the role of its youth wing, first called the Jeugfront (Youth Front) and later the Boerejeug (Boer Youth) of the OB. The origin, establishment, objectives, organisation and activities of this youth wing are discussed in some detail. Everything was geared towards volksdiens (service to the people) in the interest of the Afrikaner people. From the mid-1940s, the National Party (then called the Herenigde Nasionale Party) gained the political support of more and more Afrikaner nationalists, at the expense of the OB, and won the parliamentary elections to become the new government in 1948. Having lost its raison d’être, the OB, including its youth wing, was disbanded in 1952. During its brief existence, the Boerejeug, never managed to realise its ideals on a grand scale, despite its good leadership and thorough organisation, because changing circumstances did not allow it to become the popular volksbeweging (people’s movement) it set out to be. That honour went to the National Party and its affiliated organisations. However, the legacy of the OB and its youth movement, especially its republican ideal, was perpetuated in the National Party and was merged into the broad stream of triumphant Afrikaner nationalism.Articl
    corecore