4 research outputs found

    HAT veertig jaar — 'n persoonlike oorsig

    Get PDF
    In 2005 was dit 40 jaar sedert die verskyning van die eerste uitgawe van HAT (Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal), onder redakteurskap van P.C. Schoonees, C.J. Swanepoel, S.J. du Toit en C.M. Booysen. Die ontwikkeling voor hierdie publikasie en daarna van HAT 2 en 3 onder die alleenredakteurskap van F.F. Odendal en van HAT 4 en 5 onder die gesamentlike redakteurskap van Odendal en R.H. Gouws, word oorsigtelik geskets. Sleutelwoorde: HAT (VERKLARENDE HANDWOORDEBOEK VAN DIE AFRIKAANSE TAAL), WAT (WOORDEBOEK VAN DIE AFRIKAANSE TAAL

    Wat maak ons met die skarminkel in die jonkmanskas, of: aspekte van die gesag van die woordeboekl

    Get PDF
    Oit is algemeen bekend dat die gewone taalgebruiker 'n buitengewone gesag aan die woordeboek toeken, wat 'n geweldige verantwoordelikheid op die skouers van die leksikograaf plaas. Veral die taalkundige gegewens moet bo verdenking wees. Hoe moeilik dit is om altyd hierdie gegewens te bekom, word aan die hand van 'n vyftal voorbeelde geillustreer. Spesiale aandag word verder gevestig op die probleem van die verskuiwing in betekenis wat nog nie vol-toai is nie. Vervolgens word die kwessie van die teestelling deskriptief/preskriptief aan die orde gestel. Die meeste taa1kundiges bring Iippediens aan die standpunt dat 'n woordeboek net deskriptief mag wees. Skrywer probeer aantoon dat geen woordeboek hieraan voldoen nie: reeds die weglaat van 'n woard of vorm is at preskripsie; verder word die taal beskryf van die Opgevoede, of 'n bepaatde gerespekteerde groep, nie van alle sprekers nie. Die gebruiker van die wOordehoek eis leiding, en dan oak duidelike leiding van die leksikograaf. Skrywer stel hom tans, anders as vroeer, op die standpunt dat die woordeboekmaker, by name die maker van 'n handwoordehoek, nie moet skroom om hierdie leiding duidelik te gee nie, dus preskriptief moet wees, indien nodig selfs op blatante wyse. Sleutelwoorde: Gesag v an die woordeboek, verantwoordelikheid, verskulwing in betekenis, teestelling deskrlptief/preskrlptief, handwoorde_ boek, gebruikersleiding, leksikografi

    'n Vraat is 'n vraat is 'n vraat

    No full text
    'n Taal wat nie meer neologismes vorm of ontleen nie, is 'n dooie taal of op sterwe na dood. Sommige neologismes word deel van die taal, ander verdwyn weer gou. 'n Aantal neologismes word bespreek of net genoem; 'n aantal wat nie Afrikaans verryk nie, word met nadruk uitgelig.Only dead languages do not form neologisms. Some neologisms have become part of the language; others die a silent death. A number of Afrikaans neologisms are discussed and a few which do not enrich the language, are discussed individually.Southern African Linguistics and Applied Language Studies 2007, 25(3): 459–46
    corecore