7 research outputs found
’n Interseksionele ondersoek: Godsdiens, feminisme, identiteit en behoort in geselekteerde digbundels
Religion is a common theme in Afrikaans literature. Religious references are used in many ways—during the anti-apartheid struggle it was (for instance) employed to protest the actions of the government in literary texts such as poetry. Similarly, women poets use religion, which is usually associated with patriarchy, as a metaphor for struggles with identity and belonging. Spirituality and organised religion are also shown to be differing concepts with organised religion being the product of society which influences the position of different genders within its stuctures. Spirituality refers to something inherently human related to the individual’s personal belief system. In this article, religious reflections in poetry by three very different female poets will be explored as musings on how religion and belonging to a religious tradition are experienced. This will be done from the perspective of postsecular feminism, which does not revert to binary oppositions when discussing religion, but grapples with it in an intersectional way, as argued by Nandini Deo. An intersectional feminist approach will therefore be utilised to analyse selected poems of Lynthia Julius in Uit die kroes (From the kroes) (2020), of Corné Coetzee in nou, hier (now, here) (2017) and of Radna Fabias in Habitus (2018). Julius, a young black woman, and Coetzee, an older white woman, are Afrikaans poets whose work can be viewed as containing feminist ideas while also exploring the role of religion. Fabias, a black Dutch poet from Curaçao, represents a transnational example where similar themes are explored as in the work of the two Afrikaans poets, albeit from a very different intersectional position. In this article, intersections of, not just gender and race, but also culture, language, politics, nationality, age, ethnicity and identity are considered when understanding a woman’s sense of belonging to a religion
Literere pryse : 'n oorsigtelike bespreking met voorbeelde uit die Afrikaanse literere veld
CITATION: Bonthuys, M. & Foster, R. 2022. Literere pryse : 'n oorsigtelike bespreking met voorbeelde uit die Afrikaanse literere veld. LitNet Akademies, 19(1):232-260.The original publication is available at https://www.litnet.co.zaLiteratuurpryse het ’n lang geskiedenis en kan beskou word as ’n noodwendigheid binne die
meeste literêre velde. Dit is verder ’n verskynsel wat heelwat media-aandag ontlok en verskeie
voordele vir literêre rolspelers soos skrywers en uitgewerye (kan) inhou. Dit het veral ’n
belangrike kanoniserende funksie – toenemend, in ’n era waarin kommersiële aandag ’n al
groter rol in die literêre veld (asook ander kultuurvelde) speel. Tog is literêre bekronings,
asook die breër terrein van literêre evaluering, nie histories ’n onderwerp wat dikwels deur
letterkundiges akademies ondersoek word nie. Die vernaamste rede hiervoor is die hiërargiese
element verbonde aan kultuurpryse wat dit volgens sommige akademici te subjektief sou
maak om vanuit ’n wetenskaplike hoek te ondersoek, asook die skouspel en omstredenheid wat
geneig is om met die prysverskynsel gepaard te gaan.
In hierdie artikel word gepoog om die verskynsel van literêre pryse te belig deur aandag te
skenk aan fasette soos die geskiedenis en proliferasie daarvan; die verwerwing en uitruiling
van kapitaal – veral in die simboliese sin – wat deel uitmaak van die bekroningsproses; die
kanoniseringsfunksie van literatuurpryse en die veranderende posisie van literêre hekwagters;
die rol of bydrae van pryse binne die literêre veld; en ten slotte die kwessie van omstredenheid
as kenmerkende eienskap van die kultuurprys. Telkens word die bespreking belig met
voorbeelde uit die Afrikaanse literêre veld. Pierre Bourdieu se veldteorie word as teoretiese
raamwerk benut en begrippe soos simboliese kapitaal, sosiale kapitaal, simboliese mag en
die produksie van geloof word ingespan om verskillende fasette van die bekroningsproses te
ondersoek. James F. English (2005) se seminale teks The economy of prestige, wat steeds ’n
toonaangewende bron oor kultuurpryse is, asook onlangse studies oor literêre evaluering en
kultuurpryse, word voorts betrek. Uiteindelik is dit die argument dat literatuurpryse deur die
literatuursosiologiese navorser as belangrike kanoniserende en vormgewende verskynsel binne
die hedendaagse literêre veld verstaan en verken moet word.Publisher's versio
'n Vergelykende ondersoek na die toekenning van debuutpryse vir Afrikaanse en Nederlandstalige poësie, 1990 - 2009
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2016.ENGLISH ABSTRACT: In this thesis a comparative perspective is provided on the position of debut prizes for poetry in the
Afrikaans and Dutch/Flemish literary fields between 1990 and 2009. Academic researchers tend to
avoid the subject of literary prizes as well as the wider research terrain of literary evaluation. This is
surprising, since literary evaluation is often a crucial activity within the study of literature and literary
prizes are becoming more and more important in the literary field. Thus, the literary award as
canonization mechanism is explored with particular focus on the debut prize for poetry that functions as
an indicator of the canonization potential of new voices within a literary field. After a theoretical
overview is provided of the selected debut prizes (and of a few other important prizes within the
particular field), two chapters are presented about the selected Afrikaans and Dutch case studies. At
the end of each of these chapters certain tendencies or patterns with regard to debut awards for poetry
between 1990 and 2009 in Afrikaans and Dutch/Flemish are identified. In conclusion these tendencies
in the different literary fields are compared.
The methodological approach of this study is qualitative. Four debuts in Afrikaans and three debuts in
Dutch are selected as case studies. These debuts were all awarded with more than one debut prize.
The Afrikaans cases are: H.J. Pieterse for Alruin (1989), Ilse van Staden for Watervlerk (2003), Danie
Marais for In die buitenste ruimte (2006) and Loftus Marais for Staan in die algemeen nader aan
vensters (2008). Erik Menkveld for De karpersimulator (1997), Hagar Peeters for Koffers zeelucht
(2003) and Ester Naomi Perquin for Servetten halfstok (2007) are the Dutch cases. The Afrikaans
debut prizes identified are the Eugène Marais Prize, the Ingrid Jonker Prize, and the UJ Debut Prize;
and in Dutch/Flemish the C. Buddingh’-prijs voor nieuwe Nederlandse poëzie; the Debuutprijs Het
Liegend Konijn; the Vlaamse Debuutprijs/Herman de Coninck Debuutprijs; the J.C. Bloem-poëzieprijs;
the Jo Peters Poëzieprijs; and the Lucy B. en C.W. van der Hoogt-prijs. In the two chapters about the
selected cases, reception studies of reviews as well as jury reports (of the particular debuts) are
provided. Here the research of Olf Praamstra (1984) and J.A.A. Mooij (1973, 1979) on the arguments
and criteria used in reviews is applied. The research of Katinka Dijkstra (1989) and Susanne Janssen
(1994) on canonization is also used. Short descriptions of the profiles and public claims made by these
lauded poets are discussed with regard to the field theory of Pierre Bourdieu (1993, 1994); as well as
the work of Jérôme Meizoz (2010) about posturing and the research of Kees van Rees and Gillis
Dorleijn (2005, 2006) on the role of poetics. The work of these researchers builds on Bourdieu's field
theory. In addition to this institutional approach, a textual analysis of selected poems from the
prizewinning works is also provided. Some of the identified patterns and tendencies are mentioned in
these analyses.AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word daar op vergelykende wyse gekyk na die rol wat debuutpryse vir poësie speel in
die Afrikaanse en Nederlandstalige literêre velde tussen 1990 en 2009. Daar word tradisioneel min
aandag in akademiese navorsing gegee aan die kwessie van literêre pryse asook die breër
navorsingsterrein van literêre evaluering. DÃt, terwyl literêre evaluering dikwels 'n kernaktiwiteit van die
letterkundige is, met literêre pryse wat toenemend 'n toonaangewende rol speel binne die literêre veld.
In hierdie studie word dié kanoniseringsmeganisme dus ondersoek met die fokus op debuutpryse vir
poësie as 'n aanduider van die kanoniseringspotensiaal van sterk nuwe stemme binne die literêre veld.
Ná 'n teoretiese oorsig asook 'n ondersoek van die debuutpryse (en enkele ander toonaangewende
pryse) wat binne die onderskeie literêre velde ter sprake kom, word twee hoofstukke aangebied waarin
onderskeidelik die Afrikaanse en Nederlandstalige gevallestudies bespreek word. Aan die einde van
hierdie hoofstukke word bepaalde tendense geïdentifiseer met betrekking tot die debuuttoekennings vir
poësie wat tussen 1990 en 2009 in Afrikaans en Nederlands/Vlaams gemaak is. Dié tendense in die
verskillende taalgebiede word ten slotte vergelyk.
Die metodologie wat in hierdie studie gevolg word, is kwalitatief van aard. Daar is vier bundels in die
Afrikaanse veld en drie bundels in die Nederlandstalige veld geïdentifiseer wat as gevallestudies dien.
Hierdie bundels is almal veelvuldig bekroon in die betrokke ondersoekperiode. Die Afrikaanse gevalle
is: H.J. Pieterse se Alruin (1989), Ilse van Staden se Watervlerk (2003), Danie Marais se In die
buitenste ruimte (2006) en Loftus Marais se Staan in die algemeen nader aan vensters (2008). Erik
Menkveld se De karpersimulator (1997), Hagar Peeters se Koffers zeelucht (2003) en Ester Naomi
Perquin se Servetten halfstok (2007) is die Nederlandstalige gevalle. Die debuutpryse wat ter sprake
kom, is die Eugène Maraisprys, die Ingrid Jonker-prys en die UJ-debuutprys in die Afrikaanse veld; en
die C. Buddingh’-prijs voor nieuwe Nederlandse poëzie; die Debuutprijs Het Liegend Konijn; die
Vlaamse Debuutprijs/Herman de Coninck Debuutprijs; die J.C. Bloem-poëzieprijs; die Jo Peters
Poëzieprijs; en die Lucy B. en C.W. van der Hoogt-prijs in die Nederlandse/Vlaamse veld. In die twee
hoofstukke oor die geselekteerde gevalle word resepsiestudies (resensies en jurieverslae oor die
betrokke debute) aangebied. Hier word Olf Praamstra (1984) en J.A.A. Mooij (1973, 1979) se teorieë
aangaande die argumente of kriteria wat voorkom in resensies toegepas; sowel as Katinka Dijkstra
(1989) en Susanne Janssen (1994) se navorsing oor kanoniseringsindikasies. Uiteensettings van die
profiele en uitsprake van die bekroonde digters word ook verskaf. Dit word bespreek aan die hand van
Pierre Bourdieu (1993, 1994) se veldteorie; asook Jérôme Meizoz (2010) se postuurteorie en Kees van
Rees en Gillis Dorleijn (2005, 2006) se navorsing aangaande literatuuropvattings. Hierdie teoretici se
werk bou voort op Bourdieu se veldteorie. Naas 'n institusionele benadering word daar ook
teksinterpretasies van geselekteerde gedigte uit die bekroonde debute aangebied waarin van die
geïdentifiseerde tendense uitgelig word
Welkome Afrikaanse keur van Anna Enquist se poësie
No abstract available
Ruimte, identiteit en representasie in George Weideman se 'n staning onder sterre
http://versindaba.co.za/2011/07/21/marni-viviers-ruimte-identiteit-en-representasie-in-george-weideman-se-n-staning-onder-sterre-1997