2 research outputs found

    'n Kritiese ontleding van die soteriologiese teologie van Andrew Murray

    Get PDF
    Thesis (DTh)--Stellenbosch University, 1979VOORWOORD: Miskien moet ons ons voorwoord met ‘n bekentenis begin. Dit is nou ruim 18jaar gelede dat ons ons navorsing oor Andrew Murray se teologie begin het. Gedurende hierdie tyd het ons die werk vir lang tye gestaak omdat ons ingrypende probleme met ons onderwerp gehad het. Dit het hierop neergekom dat ons nie Murray se teologie kon inpas of versoen met die gereformeerde tradisies van die N.G. Kerk nie. Liewer dus as om tot negatiewe resultate te kom, het ons ons versamelde stof en bevindinge altyd weer diep weggebĂȘre. Maar, al het ons dit gedoen, kon ons Andrew Murray nooit heeltemal uit ons gedagtes ban nie. So het met die jare bewustelik en onbewustelik ‘n nuwe en meer ewewigtige benadering tot sy teologie gegroei. Ons het geleer om hom in die raamwerk van sy tyd te plaas wat vanself tot ‘n meer milde oordeel gelei het op die punte waarin ons van hom moes verskil. Dit was tog nie billik gewees nie om hom los te maak van die tye waarin hy geleef het en die teologiese klimaat wat hy geadem het, om hom dan uitsluitlik en streng vanuit calvinisties-gereformeerde oogpunt te beoordeel nie. Uit hierdie nuwe benadering het daar ‘n nuwe waardering vir Andrew Murray en sy geestelike grootheid gegroei en kon ons die studie uiteindelik voortsit en tot voltooing bring. Ons wil vertrou dat hierdie poging om Andrew Murray se vernaamste teologiese motiewe bloot te lĂȘ en hom te probeer verstaan, 'n nuwe belangstelling in sy geestel ike nalatenskap sal stimuleer. So pas het die jongste lewensbeskrywing van Andrew Murray deur ’n Amerikaanse skryfster, Leona Choy, ons ter hand gekom: Andrew Murray Apostle of Abiding Love, Fort Washington, 1978. In haar voorwoord sĂȘ sy: "The books of this spiritual giant of yesterday have influenced my own Christian life since I was in my teens. I could hardly understand their spiritual heights in my immaturity, but instinctively I knew that this man of God beckoned me to start climbing a mountain that would take a lifetime to scale. Through my years of academic preparation, then ministry for the Lord on the mission field and in varied types of Christian service, I read Murray’s books over and over, understanding new sentences which leaped into my spiritual horizon of need. I wrote dozens of poems sparked by phrases from his writings which spoke intensely to my spirit. I feel that I was nourished and sustained on Murray’s soundly Biblical teachings and draw to launch out into the deep with God.” As sy verder sĂȘ: “A contemporary biography of Andrew Murray is long overdue", bring dit ons onder die die indruk van hoe wydgelese Andrew Murray sestig jaar na sy dood nog steeds is. Eintlik het ons hier met iets verstommends te doen dat ‘n predikant van die N.G. Kerk in Suid-Afrika uit ‘n vorige eeu as't ware, nog so kontemporĂȘr in die gedagtes van Amerikaners is. Ten slotte wil ons ons opregte dank betuig aan prof. F.J.M. Potgieter wat as ons promotor opgetree het tot met sy aftrede. My hartlike dank aan prof. W.D. Jonker wat hom in hierdie hoedanigheid opgevolg het en ons gedurende die afgelope jaar van intensiewe studie deur die finale stadiums van die werk met soveel onmisbare raad bedien het. Ongelukkig kan my moeder wat so belanggestel het in my werk oor Andrew Murray, nie hierdie gelukkige dag saam met ons belewe nie. As afgevaardigde na die stigtings-konferensie van die C.S.V. in die moederkerk op Stellenbosch het Andrew Murray ‘n onuitwisbare indruk op haar jong gemoed gelaat. Eindelik, ‘n laaste woord van dank aan my huisgenote wat my deur die jare met hulle geloof en belangstelling bygestaan het. In hierdie verband het vroutjie veral in die afgelope jaar van studie ‘n onmisbare rol gespeel
    corecore