Establishing ethical workplaces: Insights from independent school leaders and educators

Abstract

The researchers viewed and analysed the data through a Christian lens. A qualitative ethnographic case study approach was used within an interpretivist paradigm to investigate how school leaders and educators understand and practise ethical leadership to foster an ethical working environment. Semi-structured interviews were conducted with principals, deputy principals, and educators from two independent schools, presenting rich insights into participants’ lived experiences of their school environment. The conclusions from the data indicate that ethical leadership is most effective when grounded in values such as integrity, accountability, and servant leadership, which are associated with Christian principles. Such leadership is a prerequisite to fostering an ethical work environment typified by trust, respect, and a shared moral purpose. The study also exposed trepidations within faith-based schools, specifically where institutional Christian identities overlap with managerial or market-driven imperatives. In addition, there was an unwillingness to raise discontent with leadership conduct, which underlines concerns about voice, agency, and the presence (or absence) of a “speak-up” culture.  Opsomming Die skep van etiese werksomgewings: Insigte van onafhanklike skoolleiers en opvoeders Die navorsers het die data vanuit ’n Christelike perspektief bestudeer en geanaliseer. ’n Kwalitatiewe, etnografiese gevallestudiebenadering is binne ’n interpretivistiese paradigma gebruik om te ondersoek hoe skoolleiers en opvoeders etiese leierskap verstaan en beoefen ter bevordering van ’n etiese werksomgewing. Data is ingesamel deur middel van semigestruktureerde onderhoude met skoolhoofde, adjunkhoofde en onderwysers van twee onafhanklike skole, wat waardevolle insigte bied ten opsigte van die deelnemers se beleefde ervarings en leierskapspraktyke. Die bevindings toon aan dat etiese leierskap die doeltreffendste is wanneer dit gegrond is in waardes soos integriteit, aanspreeklikheid en dienende leierskap, dit wil sê waardes wat in ooreenstemming met Christelike beginsels staan. Sodanige leierskap is ’n voorvereiste ter bevordering van ’n etiese werksomgewing wat deur vertroue, respek en ’n gedeelte morele doel gekenmerk word. Die studie het ook bekommernisse binne geloofsgebaseerde skole aan die lig gebring, veral daar waar institusionele Christelike eienhede met bestuurs- of markgedrewe imperatiewe oorvleuel. Verder was daar ’n onwilligheid om ontevredenheid oor leierskapsgedrag te opper, wat kommer oor seggenskap, agentskap en die teenwoordigheid (of afwesigheid) van ’n laat-jou-stem-hoor”-kultuur benadruk.

Similar works

Full text

This paper was published in Koers (E-Journal).

Having an issue?

Is data on this page outdated, violates copyrights or anything else? Report the problem now and we will take corresponding actions after reviewing your request.

Licence: https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/