Gelykheid as rewolusionêre begrip by die ANC en Groen van Prinsterer: : ’n Tydige waarskuwing vir vandag?

Abstract

Gelykheid is sedert die ontstaan van die ANC ’n kernbegrip in die party se ideologiese raamwerk. Hierdie strewe na gelykheid kom duidelik na vore in verskeie sleuteldokumente, maar die vraag oor hoe die ANC gelykheid teoreties verstaan en in die praktyk toepas, bly kompleks en onvoldoende nagevors. ’n Ondersoek na hierdie bronne dui daarop dat die party gelykheid nie net in die klassieke sin van die woord, as gelykheid voor die reg, verstaan word nie, maar eerder as ’n rewolusionêre gelykheid wat beslag moet vind op sosio-ekonomiese gebied. Die ANC se konsep van gelykheid moet geplaas word binne ’n breër historiese debat oor die aard van gelykheid, wat sy oorsprong in die Verligting het. Hierdie rewolusionêre idee, met wortels in die denke van Jean-Jacques Rousseau en Karl Marx, is in diepte bekritiseer deur die Nederlandse staatsman Guillaume Groen van Prinsterer. Hy het gewaarsku dat hierdie soort gelykheid samelewingsverbande kan ondermyn, sosiale samehorigheid kan skade doen en eiendomsregte kan skend. Hierdie kritiek beklemtoon die belangrikheid daarvan om af te sien van ’n ideologiese raamwerk wat teenproduktief op samelewings inwerk, ten einde burgerlike vryhede en sosiale vooruitgang te beskerm – ook in Suid-Afrika se hedendaagse politieke konteks.   https://doi.org/10.19108/KOERS.90.1.260

Similar works

This paper was published in Koers (E-Journal).

Having an issue?

Is data on this page outdated, violates copyrights or anything else? Report the problem now and we will take corresponding actions after reviewing your request.

Licence: https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/