Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2017.ENGLISH ABSTRACT: In this study frameworks related to retrofitting were investigated in order
to develop a holistic framework for the green retrofitting of existing buildings
in South Africa. The developed framework consists of five phases: retrofit
feasibility, pre-project planning, construction, post-retrofit activities, and
finally operation and maintenance.
The framework was validated by means of a case study. The time required
by the organisation involved to obtain the necessary funds for constructing the
retrofit far exceeds the available time of this study. Therefore only the first
two phases of the developed frameworks, retrofit feasibility and pre-project
planning, were validated. The framework was developed to be a generic
representation for South African retrofit projects, and as with the maintenance
phase, many aspects were selected and adapted for the South African context.
One of the main barriers for green buildings in South Africa, identified
from literature, is the high cost perception South Africans have regarding
green buildings. In the case study it was demonstrated how internal resources
and expertise of the organisation can be used to reduce the total retrofit
cost. Combining a retrofit with maintenance actions can further reduce the
additional amount needed to invest in a green retrofit. Fourteen retrofit
features are suggested and grouped into seven smaller independent projects
according to the types of skills that are required for each installation. This
minimises the time, external expertise and resources needed for specific jobs.
These sub-projects are generally not fixed to a pre-defined schedule and can
be attempted at stages the organisation finds suitable.AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word raamwerke vir die aanpassing van geboue ondersoek
met die doel om ’n holistiese raamwerk vir die groen aanpassing van bestaande
geboue in Suid-Afrika te ontwikkel. Die raamwerk wat ontwikkel is bestaan
uit vyf fases: die uitvoerbaarheid van die aanpassing, voorafbeplanning van
die projek, konstruksie, post-aanpassingsaktiwiteite en laastens inwerkstelling
en instandhouding.
Die uitvoerbaarheid van die ontwikkelde raamwerk is deur middel van
’n gevalle studie getoets. Die tydperk wat die betrokke organisasie benodig
om die nodige fondse vir die aanpassing te bekom is meer as die tyd wat
beskikbaar is vir die studie. Daarom kon net die uitvoerbaarheid van die
eerste twee fases van die ontwikkelde raamwerk, die uitvoerbaarheid van die
aanpassing en die voorafbeplanning, getoets word. Die raamwerk is ontwikkel
om verteenwoordigend te wees van Suid-Afrikaanse aanpassingsprojekte, en
soos in die geval van die instandhoudingsfase, is baie aspekte gekies en
aangepas met Suid-Afrikaanse toestande in gedagte.
Een van die hoofstruikelblokke vir groen geboue in Suid-Afrika is, soos
in literatuur geïdentifiseer, die persepsie van hoë koste. In die gevalle studie
word daar gedemonstreer dat die interne bronne en kennis in die organisasie
self gebruik kan word om die totale kostes verbonde aan die aanpassing te
verminder. Die kombinering van die aanpassing met instandhoudingsaksies kan
die addisionele bedrag wat benodig word vir belegging in die aanpassing, verder
verminder. Veertien aspekte van aanpassing word voorgestel en in sewe kleiner
onafhanklike subprojekte volgens die tipes vaardighede wat vir elke installasie
benodig word, groepeer. Dit verminder die tyd, eksterne bedrewendheid en
bronne wat vir spesifieke take bekom moet word. Daar is gewoonlik nie ’n
voorafskedule verbonde aan hierdie subprojekte nie en dit kan uitgevoer word
op stadiums wat vir die organisasie gerieflik is