research

Afrikaanse musiek en die model van rasionele verslawing

Abstract

Oor die afgelope paar jaar was daar sterk groei in die vraag na Suid-Afrikaanse musiek, in besonder Afrikaanse musiek. Die artikel poog om die groei te verduidelik deur die model van rasionele verslawing van Stickler en Becker te kombineer met die bandwagon effek. In die model lei die verbruik van musiekwaardering in een periode tot ‘n groter verbruik in die volgende periode. Musiekwaardering word deur faktore soos musiekkapitaal, musiekprodukte asook sosiale faktore deur die verbruiker geproduseer. Die faktore word binne die konteks van die Afrikaanse musiekbedryf bespreek om sodoende die model toe te pas en die groei in vraag te verduidelik.Rasionele verslawing, bandwagon effek, musiekindustrie, Afrikaanse musiek, huishoudelike produksiefunksie, Advertensie

    Similar works