unknown

Kriteria van die nuut geopenbaarde verborgenheid van Kolossense en Efesiërs : 'n dispensionele benadering

Abstract

Deur na die kriteria en uitsprake rondom die voorkomstes van die term 'Verborgenheid' in die Tweelingbriewe Kolossense en Efesiers te kyk, teen die agtergrond van die 'Toekomstige Dinge' (Jh 16.13) wat deur die Heilige Gees in die Progressiewe Openbaring van God aan die skrywers van die Nuwe Testament bekend gemaak was, word dit ontdek dat daar 'n splintemuwe skepping, die Corpus Christi, waarvan Christus die Hoof is, as hierdie Verborgenheid aan Paulus, na Handelinge 28 in die i gevangenis geopenbaar was, naamlik die Kerk wat daar I eers tot stand gekom het. Die Kerk, wat hoofsaaklik uit gelowige Heidene bestaan, het sedertdien as God se kanaal van heil tot die wereld gedien in die plek en onafhanklik van nasionale Israel, wat volgens Ou Testa- mentiese profesie, God se kanaal van Heil tot die wereld moes wees, onder en saam met wie die Heidene die Here moes dien. God het dus tot op Handelinge 28 steeds verbondmatig met Israel omgegaan om hulle tot bekering te probeer lei en het dit gevolglik tot op daardie stadium uitsluitlik gegaan om dit wat die Ou Testament geprofeteer het, naamlik die Koninkryk van God vir Israel. Maar weens hulle onboetvaardigheid, is Israel deur God verhard en in Handelinge 28 ter syde gestel as Sy kanaal en het Hy Sy Koninkryk program opgeskort en het God Hom tot die Heiden gewend. Daar was dus geen sprake van 'n 'Kerk' in die Handelinge tydperk gewees nie!Biblical and Ancient StudiesM. Th. (New Testament

    Similar works