'n Ekonomiese ondersoek van die sultana rosyntjie boerdery te Robertson, 1934-1935

Abstract

Proefskrif (M. Sc. Agric.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1937.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die maak van Sulaana-rosyntjies is alleen beperk tot 'n paar streke in die Unie van Suid-Afrika o.a. Robertson, Worcester en Montagu, wat die vernaamste is in die Westelike en Suidwestelike distrikte van Kaapland. Sultana-boedery is ook later jare op intensiewe skaal voortgesit langs die Grootrivier en wel by Kakamas, Kenhardt en Gordonia. Robertson is egter die streek wat die meeste Sultana rosyntjies produseer, en derhalwe is die streek gekies om 'n studie te maak van die Sultana bedryf. In hierdie distrik maak dit 'n belangrike bedryfstaak van die landbou uit, nie alleen wat produksie en waarde betref nie; maar dit verskaf ook 'n lewensbestaan aan baie families

    Similar works