Thesis (MMil) -- University of Stellenbosch, 2007.ENGLISH ABSTRACT: This study sets out to explore the factors that affect e-commerce adoption in the
Botswana Defence Force (BDF) procurement process. The factors that were
identified as affecting e-commerce adoption emerged from studies conducted
mainly in the context of the developed world, particularly the Western world.
Discussions in the academic literature therefore appear to be based on
assumptions that do not necessarily apply to the developing world. This study
explores these factors in an organisation in a developing country.
The purpose of the study was to develop a rich picture of the factors that affect ecommerce
adoption in the BDF procurement process. The study aimed to
identify issues, factors, and problems critically involved in IT adoption in the BDF
procurement process and to develop a theory that could help to understand
these factors.
Grounded theory methodology was the chosen method of qualitative data
collection and analysis. This methodology was chosen because it facilitates
inductive theory generation from an interpretive perspective. This approach was
suitable for the study as the aim was to develop a theory that was grounded in
the data and likely to resemble reality. The data was gathered through semistructured
interviews with procurement officers, IT officers, and BDF senior
officers.
The research findings identified the benefits, limitations, drivers and barriers of ecommerce
adoption in the BDF procurement process. The technological
capabilities of the BDF were identified and it was concluded that the BDF is
prepared in terms of IT infrastructure for e-commerce adoption. A theory of the
factors affecting e-commerce adoption was developed using grounded theory methodology and a model of the factors affecting e-commerce adoption in the
procurement process was developed. To strengthen the theory that was 'built', it
was compared to previous e-commerce adoption literature.
Overall, this research provided a stepping stone for new research into ecommerce
adoption in the Botswana Defence Force. It has facilitated better
understanding of how participants view e-commerce adoption in the BDF. The
study also contributes to the literature on e-commerce adoption, which is
currently under-researched, particularly in developing countries such as
Botswana.AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie is gemik op verkenning van die faktore wat die oorskakeling na ehandel
in die Botswana Weermag se aanskaffingsproses affekteer. Faktore wat
'n effek op oorskakeling het en voorheen gerndentifiseer is, het na vore gekom in
studies wat hoofsaaklik in die konteks van die ontwikkelde, veral die Westerse,
wereld uitgevoer is. Besprekings in die akademiese literatuur laat blyk dus dat
sulke faktore op aannames gebaseer is wat nie noodwendig op die
ontwikkeleride wereld van toepassing is nie. Die huidige studie verken hierdie
faktore binne 'n organisasie in 'n ontwikkelende land.
Die doel van die studie was om 'n volle beeld van die faktore wat oorgang na ehandel
in die Botswana Weermag se aanskaffingsproses affekteer, te verkry.
Die studie was daarop gemik om kwessies, faktore en probleme wat krities
betrokke is by die oorskakeling na lnformasietegnologie (IT) in hierdie Weermag
se aanskaffingsproses te identifiseer en 'n teorie te ontwikkel wat sou help om
hierdie faktore te verstaan.
Die metodologie van gegronde teorie is as metode gekies om data kwalitatief te
versamel en te analiseer. Die besluit is geneem omdat die metodologie
induktiewe teoriegenerering vanuit 'n verklarende perspektief in die hand werk.
Die benadering was geskik omdat die studie daarop gerig was om 'n teorie te
ontwikkel wat in die data gegrond was en moontlik die werklike sou weergee.
Die data is deur middel van semigestruktureerde onderhoude met offisiere wat
by aanskaffing betrokke is, offisiere wat by IT betrokke is en senior lede van die
Botswana Weermag ingewin.
Die bevindings van die navorsingstudie het die voordele, beperkings, aandrywers
van en hindernisse tot oorgang na e-handel in die Botswana Weermag se
aanskaffingsproses ge·identifiseer. Die tegnologiese vermoe van die Botswana Weermag is gerdentifiseer en die slotsom was dat die Weermag in terme van ITinfrastruktuur
gereed was vir die oorgang na e-handel. Teorie oor die faktore wat
oorgang na e-handel affekteer, is met behulp van gegronde teoriemetodologie
ontwikkel en die verwantskap tussen die faktore is ge·1dentifiseer. Die teorie wat
ontwikkel is, is met vroeer literatuur oor die oorgang na e-handel vergelyk om dit
te versterk.
In geheel bied hierdie navorsing 'n middel tot verdere navorsing in verband met
oorgang na e-handel in die Botswana Weermag. Dit het beter begrip
bewerkstellig vir deelnemers se beskouings ten opsigte van die oorgang na ehandel
in hierdie Weermag. Die studie lewer ook 'n bydrae tot die literatuur oor
oorgang na e-handel, waaroor daar tans nog min navorsing gedoen is, veral in
ontwikkelende lande soos Botswana