Die Nasionale Dieretuin van Suid-Afrika

Abstract

Die Nasionale Dieretuin van Suid-Afrika het as 'n tak van die ,,Staatsmuseum der Zuid-Afrikaansche Republiek" ontstaan, hoofsaaklik deur die beywering van wyle dr. J. W. B. Gunning. Voordat die museum in Boomstraat gebou is (nou bekend as die Ou Museum), is die verskillende versamelings in die klein marksaal op die markplein vertoon. Nou en dan het die Staatsmuseum lewende diere van die publiek gekry, met die gevolg dat die museum teen die einde van Januarie 1898 in besit van ongeveer 'n dosyn soogdiere van verskillende groottes, 'n stuk of vyftig voeltjies en twee reptiele was. Met hierdie klein versameling was dr. Gunning van plan om 'n dieretuin te stig, maar die Kuratorium het die plan nie goedgekeur nie. Dr. Gunning was egter nie ontmoedig nie en kort daarna het hy die saak weer by die Kuratorium aanhangig gemaak. Die gevolg was dat hy 'n paar eenvoudige voelhokke kon laat maak, sodat hy in staat sou wees om die groot getalle klein voels wat van tyd tot tyd deur die publiek aangebied is, aan die lewe te hou totdat hulle vir opstopping geskik was.Digitised by the Department of Library Services in support of open access to information, University of Pretoria, 202

    Similar works