Leksikografiese datakassies. Deel 2. Tipes datakassies en hulle inhoud, met spesifieke verwysing na woordeboeke vir Engels en die Afrikatale

Abstract

This article, the second in a series of three on lexicographic data boxes, focuses pri-marily on the types and contents of data boxes with particular reference to dictionaries for English and African languages. It will be proposed that data boxes in paper and electronic dictionaries can be divided into three categories and that a hierarchy between these types of boxes can be distin-guished, i.e. (a) a bottom tier — data boxes used as mere alternatives to other lexicographic ways of presentation such as the bringing together of related items and/or to make entries visually more attractive, (b) a middle tier — addressing more salient features e.g. range of application, contrast, register, restrictions, etc. and (c) a top tier — vital salient information, e.g. warnings, taboos and even illegal words. A distinction is made between data boxes which are universal in nature, i.e. applicable to any language, data boxes pertaining to a language family and data boxes applicable to a specific language.Hierdie artikel, die tweede in 'n reeks van drie oor leksikografiese datakassies, fokus hoofsaaklik op die tipes datakassies en hulle inhoud, met spesifieke verwysing na woordeboeke vir Engels en die Afrikatale. Daar sal voorgestel word dat datakassies in papier- en elektroniese woor-deboeke in drie kategorieë verdeel kan word en dat 'n hiërargie tussen hierdie tipes kassies onder-skei kan word, d.w.s. (a) 'n onderste vlak — datakassies wat slegs as alternatiewe vir ander leksiko-grafiese aanbiedingsmetodes gebruik word soos die bymekaarbring van verwante items en/of om inskrywings visueel aantrekliker te maak; (b) 'n middelvlak — om meer opvallende kenmerke aan te spreek, bv. die reikwydte, kontras, register, beperkings, ens. en (c) 'n hoogste vlak — essensiële inligting, bv. waarskuwings, taboes en selfs onwettige woorde. Daar word onderskei tussen data-kassies wat universeel van aard is, dit wil sê van toepassing op enige taal, datakassies wat ter sake is vir 'n taalfamilie en datakassies wat van toepassing is op 'n spesifieke taal.This is the second in a series of three articles dealing with various aspects of lexicographic data boxes.The South African Centre for Digital Language Resources (SADiLaR).http://lexikos.journals.ac.zaam2022African Language

    Similar works