Databeskerming in Suid Afrika : die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 in die lig van onlangse internasionale verwikkelinge

Abstract

Die eerste nasionale wetgewing oor dataprivaatheid in die wêreld is in 1973 gepromulgeer. Dit het Suid-Afrika veertig jaar geneem om sy eie plaaslike nasionale wetgewing te promulgeer in die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting. Hierdie twee opvolgende artikels vergelyk die huidige Suid-Afrikaanse databeskermingsregsraamwerk met die benaderings wat gevolg is in internasionale databeskermingsinstrumente wat O groot invloed gehad het op die daarstel van die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting. Die bogemelde internasionale databeskermingsinstrumente is ook onlangs gewysig, of is in die proses om gewysig te word. Hierdie opvolgende artikels evalueer ook die nuwe wysigings wat aangebring is, of wat beoog word, in die internasionale databeskermingsinstrumente soverre sodanige wysigings betrekking het op kerndatabeskermingsbeginsels en die regte van datasubjekte. Die artikels ondersoek ook die vraag of daar enige wysigings aan die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting oorweeg moet word ten einde die Wet op dieselfde standaard te bring as die ander internasionale databeskermingsinstrumente wat bespreek word.This two-part article is an adaptation of an LLM dissertation entitled Data protection in South Africa: the impact of the Protection of Personal Information Act and recent international developments submitted by A Naude, University of Pretoria, 2014.http://www.lexisnexis.co.za2016-12-31am2016Mercantile La

    Similar works