Strafregtelike aanspreeklikheidsvereistes van die nuwe bree basis swart ekonomiese bemagtiging (SEB) statutêre “front” misdryf

Abstract

Die implementering van regsraamwerk en -beleid in 2004 om ekonomiese bemagtiging in Suid Afrika vir swart mense te bevorder, is gedoen in lyn met die voorskrifte van die Grondwet, 1996 om gelykheid te bevorder en armoede te beveg. Die implementeringsraamwerk en -beleid maak voorsiening vir besighede om deur vrywillige deelname hulle bydrae tot transformasie-aktiwiteite te laat meet en daarvolgens gegradeer te word. Sodanige gradering hou voordeel in vir besighede om meer kompeterend te wees vir die doen van besigheid met die staat, staatsondernemings en ander groot korporatiewe instellings. Ongelukkig het verskeie besighede hulle gewend tot oneerlike transaksies wat skyn van transformasie skep waar die besigheid inderdaad die kompeterende voordeel ontvang, maar die transaksie inderwaarheid net “front” of voordoening is. Pogings van die owerhede om die praktyke hok te slaan as opsetlike wanvoorstellings ooreenkomstig die gemeenregtelike misdryf, bedrog, was nie suksesvol nie. Dit het ook duidelik geword dat ongewenste transaksies en praktyke wat besighede onregverdige voordeel verskaf toenemend gesofistikeerd en ingewikkeld raak. Weens die stadige pas van transformasie is die bemagtigingsbeleid in 2013 hersien met die afkondiging van gewysigde metingsdoelwit asook die implementering van wetswysiging in die vorm van die Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging Wysigingswet 46 van 2013 wat op 24 Oktober 2014 in werking getree het. Weens die hoër vereistes wat die nuwe bemagtigingsraamwerk stel, veral die oordrewe fokus op swart eienaarskap gekoppel aan die feit dat strafregtelike vervolging vir wanvoorstelling in die verlede onsuksesvol was, het die wetgewer ongewenste praktyk waarna as “front praktyk” in die wet verwys word gekriminaliseer met hoë boetes en vonnisse. Statutêre liggaam in die vorm van SEB Kommissie is ook ingestel met wye magte om nakoming te verseker, ondersoeke van stapel te stuur, persone te ondervra en dokumente te subpoena. Kommentators het vanuit die staanspoor die omskrywing van die “front praktyk”-misdryf as wyd en vaag beskou.http://www.lexisnexis.co.zaam2019Mercantile La

    Similar works