An importance-performance assessment of delegates' satisfaction with the catering component of courses offered by continuing education at the University of Pretoria

Abstract

Die gebruik van ʼn belang-prestasie-analise is ʼn instrument om die spysenieringskomponent van kursusse aangebied deur Voortgesette Onderrig aan die Universiteit van Pretoria (CE at UP), ’n inrigting vir hoër onderwys, te assesseer asook die bydrae tot gasvryheidstudies en toerisme uit te lig. Voortgesette Onderrig aan die Universiteit van Pretoria is ’n onderriginstelling wat sertifikaatkursusse vir nagraadse individue in verskeie studierigtings aanbied en die spysenie-ringskomponent is uitgekontrakteer aan voed-seldiensverskaffers wat op die kampus geleë is. Die spysenieringskomponent is ’n kommer-wekkende aangeleentheid, aangesien dit die laagste puntetelling ontvang het tydens vorige evaluerings. Data is versamel deur gebruik te maak van verkennende metodologie bestaande uit beide kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsteg-nieke. Kenmerke vir spyseniering is verkry deur middel van ongestruktureerde een-tot-een on-derhoude en fokusgroepe. Daarna is ’n totaal van 357 vraelyste versamel. Dié studie het gebruik gemaak van beskrywende statistieke wat ook eenvoudige frekwensies insluit. Gemiddelde waardes en standaardafwykings is bereken deur gebruik te maak van data met betrekking tot respondente se demografiese profiele en ook met betrekking tot die 25 geïdentifiseerde kenmerke vir spyseniering. Die prestasie en die belangrikheid van elke spysenieringskenmerk is bepaal en bespreek. Die assessering van ʼn betrokke maatskappy se spysenieringskomponent sal daardie instansie in staat stel om toepaslike en noodsaaklike bestuursbesluite te neem ten einde die maat-skappy se bestaande kliëntebasis te behou asook die kliëntebasis uit te brei.Article based on a paper read at the joint 11th International SAAFECS Conference and the 6th IHEA Regional African Conference, Pretoria, South Africa. 27 February 2013 – 1 March 2013.http://www.up.ac.za/saafecs/am201

    Similar works