Onrus en geweld : 2011

Abstract

Die SAPD se 2010/2011 Misdaadsverslag van 8 September 2011 stel dat 2 071 487 ernstige misdade in 2010/11 geregistreer is. Die getal weerspieël 'n afname in die regering se teiken (daar was â??n 2.4% afname in vergelyking met die 2 121 887 ernstige misdade wat in die vorige finansiële jaar geregistreer was). Die verhouding ernstige misdade per 100 000 mense het met 3.7% afgeneem (van 4 302.1 tot 4 143.6). Meeste misdaadsyfers van die 2010/11 finansiële jaar het, in vergelyking met die 2009/10 finansiële jaar, gedaal (die volgende ratio statistieke dien as voorbeelde: moord met 6.5%, poging tot moord met 12.2%, roof met verswarende omstandighede met 12%, diefstal van 'n motor of motorfiets met 11.3% en winkeldiefstal met 12.7%). Daar was egter ook 'n aantal misdade wat toegeneem het in hierdie tydperk (bv diefstal uit of van 'n motor met 0.4%, dwelmverwante misdade met 10.2% en bestuur onder die invloed van drank of dwelms met 4.5%). Motorkapings het met 23.6% afgeneem, besigheidsroof het met 0.9% toegeneem terwyl huisroof 'n afname van 10.1% getoon het. Vir die eerste keer sedert SAPD in 1995 tot stand gekom het, het die moordsyfer gedaal tot onder die 16 000 merk. In die 1995/6 finansiële jaar was 26 887 moorde gerapporteer, en in 2010/11 15 940 ('n 40.7% afname, oftewel 'n ratio afname van 53.2%). Dit beteken dat moord afgeneem het met 50% nieteenstaande populasiegroei en verstedeliking, en kan toegeskryf word aan hoë vlakke van sigbare polisiëring, die afname in roof, asook die inhegtenisneming van rowers. Die hoogste ratio gerapporteerde moorde tydens 2010/11 was aangeteken in die Oos Kaap, gevolg deur die Wes Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat. Ten opsigte van seksuele misdrywe, was die meeste sake gerapporteer in die Wes-Kaap, gevolg deur die Vrystaat en Noord-Kaap. In hierdie aantekening word maatreëls en hofsake ten aansien waarheid en versoening, veiligheidsdienste, wapens en terrorisme bespreek.nf201

    Similar works