Thesis (DLitt (Afrikaans and Dutch))--University of Stellenbosch, 2010.ENGLISH ABSTRACT: This dissertation is an attempt to design a theoretical model for an encyclopaedic
dictionary for Gabonese languages. It makes specific reference to Yilumbu, a developing
language of the Bantu phylum (B44, according to Guthrie’s classification) spoken in
Gabon and in Congo. All existing metalexicographic studies on Gabonese languages
(including Yilumbu) pursue the compilation of comprehensive language dictionaries.
Most of them are bilingual languages.
On the other hand, a number of encyclopaedic dictionaries exist for Gabonese languages.
Most of them were compiled by Catholic and Protestant missionaries and colonial
administrators. However, none of these reference works was compiled on the basis of a
prior metalexicographic orientation.
Ultimately, the present study is the first of its kind to propose an encyclopaedic
dictionary for Gabonese languages on the basis of a comprehensive metalexicographic
analysis.
This dissertation also shows that the planned encyclopaedic dictionary reflects the
language planning needs of Gabon. Developing and documenting the Gabonese
languages on all levels of communication in order to address all the roles and user
characteristics are a great challenge. As far as encyclopaedic dictionary compilation is
concerned, acquaintance with state-of-the-art developments in the theory and practice of
lexicography is necessary.
This dissertation comprises nine chapters. Chapter 1 mainly focuses on the specific aims,
the purpose and the motivation of the study. The research problem is also demarcated in
this chapter. Furthermore, the chapter presents the theoretical model that provides the
framework for this research as well as the methodological approach adopted. The
potential impact of the study, the reasons for and the position of the source and target
languages as well as the sociolinguistic situation of Yilumbu are also introduced in the
first chapter.
Chapter 2 is a review of the dictionary typology with reference to the proposed model. It
aims to present a typological framework for the planned encyclopaedic dictionary. It also introduces various dictionary typologies and contrasts encyclopaedic lexicography and
general lexicography. The chapter concludes with a typological profile of the planned
encyclopaedic dictionary for Yilumbu before outlining specific principles of the proposed
model for an encyclopaedic dictionary.
Chapter 3 is a review of encyclopaedic lexicography in Gabon. It introduces the concept
of encyclopaedic lexicography. Then it provides a literature review of lexicographic
surveys in the Gabonese languages by presenting existing encyclopaedic works in Gabon.
The chapter also outlines recent trends in Gabonese lexicography in order to explain the
situation of encyclopaedic lexicography in Gabonese lexicographic studies. Finally, the
need for research in encyclopaedic lexicography in the Gabonese languages is underlined
and specific advantages of encyclopaedic research for Yilumbu lexicography are
introduced.
Chapter 4 focuses on the target users of the planned encyclopaedic dictionary and its
lexicographic functions. The chapter starts with a broad outline of target users and the
activity of dictionary compilation. It also reviews what is known as target users and
outlines user characteristics. The lexicographic functions of the planned encyclopaedic
dictionary are also outlined in this chapter.
Chapter 5 gives a comprehensive presentation of the frame structure of the planned
encyclopaedic dictionary of Yilumbu. More specifically, the chapter provides a definition
of the concept of frame structure and schematises the frame structure, highlighting its
components. It outlines the accessory texts and the outer texts of the planned dictionary.
This chapter also contains an outline of the front matter and the back matter strategies
used for the Yilumbu encyclopaedic dictionary project. The central word list is also dealt
with in this chapter. Finally, the chapter reports on the proposed frame structure
functions.
Chapter 6 focuses on the macrostructure of the planned dictionary. In this chapter, a
general overview of the concept of macrostructure is first given. Then the chapter
presents the dictionary basis and the selection of the lemma candidate list. Further
macrostructural issues are also described. In Chapter 7, different aspects of the microstructure are discussed, focusing on a number
of contributions. The chapter presents the concept of microstructure according to
Hausmann and Wiegand (1989) and enumerates the different types of article to be
included in the microstructure. Data to be included in the microstructure are also
presented.
Chapter 8 discusses the notion of access structure and its related concepts, namely outer
access structure, inner access structure and search zones. The effectiveness and success of
any dictionary is measured, among other things, by the accessibility and retrievability of
the desired information. The chapter contains an overview of the concept of access
structure and also deals with the outer access structure. Moreover, the chapter presents
the inner access structure and the rapid access structure. The mediostructure is finally
dealt with as a way of gaining access to data.
Chapter 9 provides a comprehensive conclusion of the dissertation. This chapter also
outlines the contribution of the research findings to lexicographic research, to the
emerging Gabonese lexicography and to the fuller promotion of the Yilumbu language. It
provides conclusions and formulates suggestions for further research.AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif is 'n poging om 'n teoretiese model te ontwerp vir 'n ensiklopediese
woordeboek vir Gaboenese tale. Spesifieke verwysing word gemaak na Yilumbu, 'n
ontwikkelende taal van die Bantoefilum (B44 volgens Guthrie se klassifikasie) wat in
Gaboen en die Kongo gepraat word.Alle bestaande metaleksikografiese studie oor die
Gaboenese tale (insluitende Yilumbu) is gerig op die samestelling van omvattende
taalwoordeboeke; meestal tweetalige woordeboeke.
Daar bestaan wel 'n aantal ensiklopediese woordeboeke vir Gaboenese tale. Die meeste
daarvan is deur Katolieke en Protestantse sendelinge en koloniale administrateurs
saamgestel. Geeneen van hierdie woordeboeke is op 'n voorafbeplande
metaleksikografiese basis saamgestel nie. Die huidige studie is die eerste van sy soort om
'n ensiklopediese woordeboek vir die Gaboenese tale voor te stel op die basis van 'n
omvattende metaleksikografiese analise.
Hierdie proefskrif wil aantoon dat die voorgestelde ensiklopediese woordeboek die
taalbeplanningsbehoeftes van Gaboen reflekteer. Ontwikkeling en dokumentering van die
Gaboenese tale op alle vlakke van kommunikasie, ten einde aan al die rolle en
gebruikerseienskappe aandag te gee, is ʼn groot uitdaging. So ver dit die samestelling van
’n ensiklopediese woordeboek aangaan, is bekendheid met die allerjongste ontwikkelings
in die teorie en praktyk van leksikografie nodig.
Die proefskrif bevat nege hoofstukke. Hoofstuk 1 bied die besondere oogmerke, die doel
en die motivering van die studie. Die navorsingsprobleem word in hierdie hoofstuk
afgebaken. Die hoofstuk bevat ook ʼn uiteensetting van die teoretiese model wat die
raamwerk vir hierdie navorsing asook die metodologiese benadering wat ingeneem is,
verskaf. Daarbenewens word die potensiële trefkrag van die studie, die redes vir en die
posisie van die bron- en doeltale asook die sosiolinguistiese situasie van Yilumbu
aangebied.
Hoofstuk 2 bied 'n oorsig van woordeboektipologie met verwysing na die voorgestelde
model. Dit beoog om ʼn tipologiese raamwerk vir die beplande ensiklopediese
woordeboek te bied. Dit stel ook verskeie woordeboektipologieë bekend en kontrasteer
ensiklopediese leksikografie en algemene leksikografie. Die hoofstuk skets die tipologiese profiel van die beplande ensiklopediese woordeboek vir Yilumbu voordat dit
spesifieke beginsels van die voorgestelde model vir ʼn ensiklopediese woordeboek skets.
Hoofstuk 3 bied 'n oorsig oor die ensiklopediese leksikografie in Gaboen. Dit stel die
begrip ensiklopediese leksikografie aan die orde. Daarna verskaf dit ʼn literatuuroorsig
van leksikografiese opnames in die Gaboenese tale deur die aanbieding van bestaande
ensiklopediese werke in Gaboen. Die hoofstuk beskryf ook onlangse tendense in
Gaboenese leksikografie ten einde die situasie van ensiklopediese leksikografie in
Gaboenese leksikografiese studies te verduidelik. Laastens word die behoefte aan
navorsing in ensiklopediese leksikografie in die Gaboenese tale onderstreep en spesifieke
voordele van ensiklopediese navorsing vir Yilumbu leksikografie word bekend gestel.
Hoofstuk 4 fokus op die teikengebruikers van die beplande ensiklopediese woordeboek
en die leksikografiese funksies daarvan. Die hoofstuk begin met ʼn algemene oorsig van
teikengebruikers en die aktiwiteit van woordeboeksamestelling. Dit kyk ook na wat
bekend is as teikengebruikers en skets eienskappe van gebruikers. Die leksikografiese
funksies van die beplande ensiklopediese woordeboek word ook in hierdie hoofstuk
beskryf.
Hoofstuk 5 verskaf ʼn omvattende aanbieding van die raamstruktuur van die beplande
ensiklopediese woordeboek van Yilumbu. Meer spesifiek, die hoofstuk verskaf ʼn
definisie van die begrip raamstruktuur en bied die raamstruktuur skematies aan, en belig
die komponente daarvan. Dit skets die hulptekste en die buitetekste van die beplande
woordeboek. Hierdie hoofstuk bevat ook ʼn skets van die voor- en die
agtertekstestrategieë wat vir die Yilumbu- ensiklopediese woordeboekprojek gebruik
word. Die sentrale woordelys kom ook in hierdie hoofstuk aan bod. Laastens doen die
hoofstuk verslag oor die voorgestelde raamstruktuurfunksies.
Hoofstuk 6 fokus op die makrostruktuur van die beplande woordeboek. In hierdie
hoofstuk word eerstens ʼn algemene oorsig van die begrip makrostruktuur gegee. Daarna
bied die hoofstuk die woordeboekbasis en die keuse van die lemmakandidaatlys aan.
Verdere makrostrukturele kwessies word ook beskryf.
In Hoofstuk 7 word verskillende aspekte van die mikrostruktuur bespreek, met die fokus
op ʼn aantal bydraes. Die hoofstuk bied die begrip mikrostruktuur aan soos in Hausmann en Wiegand (1989), en noem die verskillende soorte artikels wat in die mikrostruktuur
ingesluit moet word. Data wat by die mikrostruktuur ingesluit moet word, word ook
aangebied.
Hoofstuk 8 bespreek die gedagte van toegangstruktuur en begrippe wat daarmee verband
hou, naamlik eksterne toegangstruktuur, interne toegangstruktuur en soeksones. Die
doeltreffendheid en sukses van enige woordeboek word onder andere gemeet deur die
toeganklikheid en herwinbaarheid van die gewenste inligting. Die hoofstuk bevat ʼn
oorsig van die begrip toegangstruktuur en betrek ook die eksterne toegangstruktuur.
Verder bied die hoofstuk die interne toegangstruktuur en die kitstoegangstruktuur. Die
mediostruktuur kom uiteindelik aan bod as ʼn wyse om toegang tot data te verkry.
Hoofstuk 9 verskaf ʼn omvattende samevatting van die proefskrif. Hierdie hoofstuk skets
ook die bydrae van die navorsingsbevindings tot leksikografiese navorsing, tot die
opkomende Gaboenese leksikografie en tot die groter bevordering van die Yilumbu-taal.
Dit verskaf gevolgtrekkings en formuleer voorstelle vir verdere navorsing