Die Voortrekker-Monument

Abstract

Die Eeufeesjaar is vir die Afrikaner ’n tydperk van besieling. Nog nooit sedert die ontstaan van ons volk het een enkele gebeurtenis soveel nasietrots gewek as die honderdjarige herdenking van die Groot Trek. Vir die eerste keer in ons geskiedenis voel ons ons nie meer Kapenaars, Vrystaters, Natalers, en Transvalers nie, maar Afrikaners, saamgesnoer deur die tradisies van ’n selfstandige kultuurvolk. Wanneer die klimaks van die Ossewatrek met die hocksteenlegging van die Voortrekker-Monument bereik word, sal die besieling nie uitsterf nie, die krag wat geskep is sal bly voortgroei tot ’n onweerstaanbare mag. Die Afrikaner sal homself vind, en as die Monument na sowat vyf jaar onthul word, sal die saad wat in hierdie jaar gesaai is, tot voile rypheid gekom het. Dan sal die Monument self tot die volk spreek; intussen egter, is dit wenslik, nee noodsaaklik selfs, om die Monument aan die Afrikaners te verklaar, om ‘n uiteensetting te gee van die noodsaaklikheid van so ’n Monument, sowel as om die motief te verduidelik wat as inspirasie gedien het vir die ontwerpdaar van

    Similar works