5 research outputs found

    Wie bewaak die bewaarders? Vryheid van uitdrukking en verklikkers – ’n persoonlike verhaal

    Get PDF
    Die bespreking van die opvoeder se reg op vryheid van uitdrukking in hierdie artikel spruit voort uit ’n departementele tugverhoor wat werklik plaasgevind het. Die opvoeder het, aldus die klagstaat, met die pers gepraat oor ’n voorval wat by die skool plaasgevind het. Die Departement beweer dat die opvoeder nie met die pers mag praat sonder die toestemming van die Departement nie. Hy sou dan ook nie sodanige toestemming gehad het nie. Tydens die verhoor het die skrywer as vakbondverteenwoordiger namens die opvoeder gepoog om die voorsittende beampte te oortuig dat die geldigheid van die klagtes oorweeg moet word in die lig van die opvoeder se reg op vryheid van spraak, welke reg nie willekeurig deur amptenare van die Departement beperk kan word nie. Dit sou beteken dat dit geldige aanklagtes moet wees. Hierdie verweer was nie suksesvol nie. Die aandag van die voorsittende beampte is ook gevestig op nuwe kinderwetgewing wat die beskerming van kinders vereis en die aanmelding van bepaalde oortredings verpligtend maak vir opvoeders. Die voorsittende beampte kon dit aanvaar, maar alleen aanmelding aan die polisie maar nie aan die pers nie. ’n Laaste poging is aangewend deur die voorsittende beampte se aandag te vestig op die voorskrifte van die Wet op Beskermde Bekendmakings 26 van 2000, wat die werkgewer gebied om, onder omstandighede waar aan die vereistes van die Wet voldoen is, ’n werknemer wat so ’n bekendmaking doen, te beskerm en verder die werkgewer verbied om die werknemer aan beroepsnadeel te onderwerp, wat in hierdie geval ’n skorsing en tugverhoor behels het. Ook hierdie poging was onsuksesvol. In die loop van die bespreking word ook melding gemaak van die basiese vereistes vir ’n billike verhoor wat verontagsaam is en wat buitendien daartoe behoort te lei dat die verrigtinge op appèl ter syde gestel behoort te word.http://www.dejure.up.ac.za/am2013gv201

    On pushing a pen and questions about academic freedoms and restrictions in a transitional setting

    Get PDF
    In a paper published online, Chaya Herman examines the relationship between political change and epistemologies and methodologies employed in research at doctorate level in the Faculty of Education at the University of Pretoria from 1985. She groups the doctoral dissertations under scrutiny together into three periods: 1985 - 1990, 1995 - 2000 and post 2000. She presents particularly negative assessments of the theses in question, characterising them among other things as research fundamentalism, patronising and pseudo-scientific knowledge, pseudo-philosophical knowledge, 'ideology masquerade [sic] as science' and disengaged knowledge lacking critical discourse and relevance. It would be understandable if the university management in general, deans of education, staff of the Faculty of Education and the PhDs who graduated during the period reviewed by Herman questioned her ex post facto analysis of their work. The paper by Herman evokes intriguing questions about issues such as fairness of comment, academic rigour and freedom, dignity and freedom of expression and how they play out in a before and after scenario of far-reaching political change and transformation. In this article we examine Herman's article (which suggests to us a certain reluctance to deal with the above questions in her analysis regarding the circumstances in which the text(s) on which she reports were written) in the light of their apparent relevance to the constitutional right to freedom of expression including academic freedom with its restrictions/limitations. Our paper introduces aspects of common law and the notion of 'who pushed the pen' into the critical consideration of the article and its possible implications for examining long-established academic and research traditions as they manifest themselves in a transformed setting. We conclude with comments on how the notion of 'pushing the pen' and knowledge of the meaning, limitation and application of the right to freedom of expression could apply to Herman's article and to all academic texts produced after the apartheid era in the democratic South Africa.National Research Foundation (NRF)http://reference.sabinet.co.za/sa_epublication/sapr1tm201

    Gedagtes oor die versekerbare belang van skoolbeheerliggame in die vaste eiendom van die staat wat deur skole beset en gebruik word

    No full text
    In St Helena Primary School v MEC, Department of Education, Free State Province 2007 4 SA 16 (O) het Vusi R bevind dat die betrokke skool ’n verpligting gehad het om die skade wat deur ’n brand aan die skoolgebou veroorsaak is, te herstel. Die regter het sy bevinding gebaseer op die feit dat die skool die eiendom teen brand verseker het. In ’n artikel in De Rebus van Julie 2008 voer Sonnekus en Schlemmer aan dat skoolbeheerliggame ingevolge die Suid-Afrikaanse Skolewet slegs verantwoordelik is vir die gebruik en bestuur van die skooleiendom en dat die Staat verplig is om skoolgeboue te onderhou. In hierdie artikel ondersoek ons die voorsiening en finansiering van onderwys sowel as die funksies van skoolbeheerliggame. In die lig daarvan bespreek ons Sonnekus en Schlemmer se argumente krities en kom ons tot die gevolgtrekking dat ons nie kan saamstem met hulle bewering dat die skoolbeheerliggaam geen versekerbare belang in die skooleiendom het nie. Ons stem ook nie saam dat onderhoud of herstel van skooleiendom die uitsluitlike verantwoordelikheid en grondwetlike verpligting van die Staat is nie

    Towards an analytical framework for accountability regarding equal educational opportunities

    No full text
    Focuses on the issue of accountability in education through three discrete but interlinked lenses, namely that of law, policy and management or leadershi

    Gewaande mag en die misbruik van administratiewe gesag in die onderwys in Suid-Afrika

    No full text
    In this article we use the concept ‘‘imagined power’’, first used in the field of education law in South Africa by Hattingh J in the Suid-Afrikaanse Onderwysersunie case,to facilitate a discussion of the abuse of administrative power by educational authorities. We briefly define the rule of law, and the location of legislative and administrative power in education in terms of the South African constitution and other law. We then analyse a few seminal cases relating to the location and exercise of power, before turning our attention to possible constitutional and legal remedies of problems and some conclusions. The cases in the field of education have been selected to highlight power issues relating to the appointment of educators and the powers of school governing bodies in connection with such appointment, as well as financial accountability and the disciplining of learners or students. In order to save space we omitted certain cases that could have been selected for scrutiny. AFRIKAANS: In hierdie artikel gebruik ons die begrip ‘‘gewaande mag’’ wat deur regter Hattingh in Suid-Afrikaanse Onderwysersunie benut is om die optrede van amptenare van die Vrystaatse onderwysdepartement te karakteriseer in ’n bespreking van die misbruik van administratiewe gesag deur Suid-Afrikaanse onderwysowerhede. Ons bespreek kortliks die plasing van wetgewende en uitvoerende gesag in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel en bespreek daarna ’n keur van sake oor die lokalisering en uitoefening van gesag rakende die bevoegdhede van skoolbeheerliggame, finansiële verantwoordingspligtigheid en leerderdissipline. Ten slotte bespreek ons kortliks moontlike implikasies van die uitoefening van gewaande mag en moontlike remedies daarvoor
    corecore