1 research outputs found

    Afrikaanse Woordelys en Spelreëls - 1964

    No full text
    Dat daar in minder as tien jaar byna tien oplaes van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls die lig gesien het, is wel ’n bewys dat daar in dié tydperk ’n groot vraag na hierdie publikasie was en dat dit in ’n belangrike behoefte voorsien het. Dit getuig ook van toenemende belangstelling in en bestudering van ons taal en lê andersyds ’n verphgting op die Taalkommissie om na vermoë die nodige leiding op die gebied van die spelling en skryfwyse te probeer gee. „Hierdie druk van die Akademie se Woordelys en Spelreëls verskil aansienlik van die vorige uitgawes, hoewel die spellingbeleid en grondbeginsels feitlik ongewysig gebly het”. So het dit tien jaar gelede in die Voorwoord by die vorige (sesde) uitgawe gelui. Dit geld ook van hierdie druk, want die beskaafde Afrikaanse uitspraak, die beginsel van gelykvormigheid en aansluiting by die Nederlandse skryf- en spellingtradisie bly nog steeds as grondbeginsels gehandhaaf, en aan die strekking van die spelreëls self is niks wesenliks verander nie. Maar die taal het self, soos elke jong, lewendige taal, ontwikkel en verander en daardeur nuwe eise aan sy beoefenaars gestel. Daarmee moes die Taalkommissie uiteraard rekening hou — vandaar enkele nuwighede in die stof en die behandelingswyse daarvan in hierdie uitgawe. Daarvan word kortliks hieronder rekenskap gegee
    corecore