7 research outputs found

    Wetgewende rekonstruksie van gewoonteregtelike huwelike

    Get PDF
    In hierdie artikel ondersoek die outeurs geselekteerde aspekte wat betrekking het op gewoonteregtelike huwelike. Hulle wys daarop dat daar heelwat ongerymdhede en leemtes is. Die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike het weliswaar die gemeenteregtelike en gewoonteregtelike huwelike op dieselfde grondslag geplaas, maar die implikasies van sommige bepalings en samehangende aangeleenthede is nie in berekening gebring nie. Hulle stel die vraag of die Wet enigsins sy doel dien.http://www.lexisnexis.co.zaam201

    Regterlike en wetgewende hervorming van gewoonteregtelike erfopvolging

    Get PDF
    Die inheemse erfreg was gebaseer op die grondslag dat die manlike eersgeborene die oorledene se erfgenaam is. Die Konstitusionele Hof het dit ongrondwetlik verklaar omdat dit teen vrouens en kinders van die oorledene diskrimineer. Die hof het dus gelas dat alle intestate boedels moet vererf ingevolge die Wet op Intestate Erfopvolging. Weens die verweefdheid van die inheemse familiereg met die erfopvolgingsreg was die wetgewer verplig om die reëls van die intestate erfopvolging te versoen met sekere familieregtelike gebruike. Die uitkoms was die “Reform of Customary Law of Succession and Regulation of Related Matters Act”. In hierdie artikel wys die skrywers op sekere ongerymdhede in die Wet en dat sommige bepalings nie prakties uitvoerbaar is nie.http://www.dejure.up.ac.za/am2013ai201

    The indomitable Ukuthwala custom

    Get PDF
    No abstract availabl
    corecore