8 research outputs found

    Gedenkboek van die Universiteit van Pretoria

    Get PDF
    Op 17 Mei 1960 sal die Universiteit van Pretoria die vyftigste verjaarsdag gedenk van die inwerkingtreding van Wet no. I van 1910. Deur hierdie wet het die Transvaalse Parlement op die vooraand van die verwesenliking van die Unie van Suid-Afrika die Transvaalse Universiteitskollege, 'n korporasie met ewigdurende opvolging, in Pretoria tot stand gebring. ln werklikheid is daarmee 'n tweede fase ingelui, want sedert 11 Februarie 1908 het in Pretoria 'n vertakking van die destydse Transvaalse Universiteitskollege wat ook die inrigting vir hoer onderwys in Johannesburg ingesluit het, gefunksioneer. Hoewel Wet no. I van 1910 aan die Transvaalse Universiteitskollege 'n afsonderlike bestaan in Pretoria verseker het, was die jong inrigting nie volkome selfstandig nie, omdat dit, net soos ander dergelike inrigtings in Suid-Afrika, nog grootliks onderworpe aan die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop gelaat is. In 1918, met die inwerkingtreding van Wet no. 12 van 1916, is groter selfstandigheid moontlik gemaak, toe die T.U.K. saam met antler universiteitskolleges ingelyf is in 'n Federale Universiteit bekend as die Universiteit van Suid-Afrika. Volkome selfstandigheid is eers op 10 Oktober 1930 verkry, toe die Transvaalse Universiteitskollege die Universiteit van Pretoria geword het. Op 13 September 1932 is deur amptelike besluit die Universiteit meer bepaaldelik in diens van die Afrikaanssprekendes gestel. Wat die leser hier aangebied word, is 'n relaas van die T.U.K. en van die Universiteit van Pretoria oor 'n bewoe halfeeu heen. Gedurende die tyd het die inrigting in belangrike opsigte nie alleen van voorkoms nie maar ook van karakter verander en het dit gegroei van 'n heel beskeie begin met 'n handjievol studente in 'n Pretoriase woning tot die grootste residensiele universiteit in die land. Omdat die wordingsgang van die Universiteit van Pretoria so intiem bepaal is deur landsgebeurtenisse sedert Unie, is die groei van die Universiteit in sekere sin ook 'n weerspieeling van die geskiedkundige groei van ons land. Dit is dus paslik dat in die vyftigste jaar van sy bestaan die Universiteit van Pretoria horn rekenskap sal gee van die pad waarlangs hy ontwikkel het en wat hom van 'n nederige begin gevoer het tot die trotse plek wat hy vandag in die akademiese lewe van Suid-Afrika inneem. Met regmatige trots word saam met duisende vriende, studente en oudstudente dankbaar gelet op steeds toenemende geleenthede wat die Universiteit gebied word om te dien en langs die weg in eie kring die vertroue te bevestig wat die hele Suid-Afrika in sy toekoms stel. Langs hierdie weg wil die Universiteit sy dank en waardering betuig teenoor almal wat op een of antler manier met die samestelling van die Gedenkboek behulpsaam was. Omdat die wordingsgang van die Universiteit, veral met betrekking tot die bedrywighede van sy studente, nie volledig in dokumente vasgele is nie, was die herinneringsbeelde van ouddosente, oudstudente en ander belangstellendes besonder waardevol. Ook die dekane, departementshoofde en lede van die administratiewe personeel het waardevolle hulp verleen. Insonderheid is die Universiteit dank verskuldig aan die komitee wat hierdie uitgawe voorberei het.Digitised by the Department of Library Services in support of open access to information, University of Pretoria, 2021https://univofpretoria.on.worldcat.org/search?queryString=AD+destinatum&submit2.x=0&submit2.y=0#/oclc/64428557
    corecore