4 research outputs found

    Gasheer gemeenskappe en mededingende aansoeke vir prospekteerregte ingevolge die “Mineral and Petroleum Resources Development Act” 28 of 2002

    Get PDF
    Die verskillende bepalings van die “Mineral and Petroleum Resources Development Act” 28 of 2002 (“die wet”) omtrent die toekenning van gewone prospekteerregte of ’n preferente regte om te prospekeer word in hierdie bydrae bespreek. ’n Gewone prospekteerreg word deur die Minister, by aansoek aan ’n applikant, toegeken indien aan die vereistes van artikel 17 van die Wet voldoen word. Artikel 104(1) van die Wet daarenteen maak voorsiening vir die aansoek deur en toekenning van ’n preferente propekteerreg aan ’n tradisionele gemeenskap (soos omskryf in die wet) om op gemeenskapgrond te prospekteer. Hierdie bepalings het die grondslag gevorm van ’n ongeraporteerde beslissing van die Transvaalse Afdeling van die Hooggeregshof in Bengwenyama Minerals (Pty) Ltd v Genorah Resources (Pty) Ltd (39808/2007 (TPD) (18-11-2008) Die beslissing het gehandel het oor die bepaling van regsvoorkeur by mededingende prospekteeraansoeke wat na mekaar ten aansien van die Bengwenyama tradisionele gemeenskapsgrond ingedien is. ’n Poging is in die saak aangewend om ex post facto die een prospekteeraansoek in te klee as ’n aansoek vir ’n preferente prospekteerreg deur die tradisionele gemeneenskap. Daar word geargumeenteer dat die hof se beslissing rakende die verskil en verhouding tussen die twee soorte prospekteerregte en die toepassing van die “first come, first served principle” ingevolge artikel 9(1)(b) Wet juis was. Daar word voorts aangevoer dat die feite van die Bengwenyama Minerals beslissing die tekortkoming van die huidige artikel 104 van die Wet, om die belange van ’n tradisionele gemeenskap te beskerm, aantoon indien iemand anders aansoek doen vir ’n gewone propekteerreg. Daar word ook uitgewys dat die voorgestelde 2008 wysigings van die Wet ook nie ver genoeg strek om deelname in prospektering en benutting van mineraalbronne deur ’n tradisionele gemeenskap te verseker nie. Die slotsom word bereik dat die huidige wetgewing dringend gewysig behoort te word om die belange van tradisionele gemeenskappe te beskerm.http://www.dejure.up.ac.za/nf201

    Maccsand (Pty) Ltd v City of Cape Town 2012 (4) SA 181 (CC)

    Get PDF
    The Maccsand series of cases started with an application by the City of Cape Town in the High Court for an order interdicting and restraining Maccsand (Pty) Ltd (hereafter Maccsand) from conducting mining activities until the authorisations in terms of the (Western Cape) Land Use Planning Ordinance 15 of 1985 had been granted. Maccsand and the Minister of Mineral Resources (hereafter the Minister) lodged an appeal in Maccsand (Pty) Ltd and Another v City of Cape Town, and Maccsand eventually approached the Constitutional Court in Maccsand (Pty) Ltd v City of Cape Town for relief.http://www.puk.ac.za/fakulteite/regte/per/index.htmlam201

    Laaste beslissing

    No full text
    Die dispuut tussen Bengwenyama Minerals (Pty) Ltd en Genorah Resources (Pty) Ltd ten opsigte van prospekteerregte op Bengwenyama tradisionele gemeenskapsgrond is finaal in 2010 deur die grondwetlike hof beslis, nadat appèl aangeteken is teen beide die uitsprake deur die hoë hof (2008) en die hoogste hof van appèl (2010). Die outeurs sit die agtergrond, feite en geskiedenis van dié beslissing uiteen, asook die toepaslike gedeeltes van Wet 28 van 2002 en Wet 3 van 2000 (met besondere verwysing na die regsraamwerk vir die appèl) en bespreek die nienakoming van die konsultasie-, voorleggings- en omgewingsvereistes van die minerale wetgewing van 2002. Die grondwetlike hof se opmerkings oor (a) die ongelyke behandeling deur die departement van minerale hulpbronne en (b) diskresionêre remedies, word uitgelig, gevolg deur 'n bespreking van die hofbevel. Die artikel bevat ook 'n ontleding van die beslissing by wyse van 'n vergelyking tussen die drie uitsprake asook 'n bespreking van die wysigings vervat in Wet 49 van 2008 welke wysigingswet nog nie in werking getree het nie. Die grondwetlike hof het dit duidelik gemaak dat, alhoewel die gemeenskap nie vir 'n preferente reg om te prospekteer aansoek gedoen het vêêr die aansoek deur die betrokke derde party om 'n prospekteerreg nie, die gemeenskap nie benadeel mag word deur die aansoek nie. In die toekoms sal 'n gemeenskap in sekere gevalle 'n geleentheid gegun moet word om aansoek te doen vir 'n preferente reg om te prospekteer nádat 'n aansoek om 'n prospekteerreg deur 'n derde party by die departement ingedien is. So verseker die grondwetlike hof dat die regte van gemeenskappe beskerm word ten opsigte van (a) die gebruik van hul gemeenskapsgrond en (b) die statutêr omskrewe preferente reg wat aan die gemeenskap toegeken kan word om prospekteerregte te bekom. Hierdie direkte beskerming deur die grondwetlike hof kan egter 'n negatiewe impak hê op beleggersvertroue in Suid-Afrika, aangesien 'n belegger se aansoek om 'n prospekteerreg te bekom moontlik vir jare kan sloer indien die regte op gemeenskapsgrond van toepassing is en die gemeenskap nog nie om 'n preferente reg aansoek gedoen het nie. Die outeurs sluit die opsomming van die uitspraak af met 'n kort bespreking van die reaksie op die grondwetlike hof se uitspraak en 'n aantal kort samevattende opmerkings en aanbevelings.http://www.jutalaw.co.za/catalogue/itemdisplay.jsp?item_id=3648nf201
    corecore