Vervaardiging beïnvloed die publiek se gesondheid en die omgewing en het verreikende gevolge. Hierdie gevolge is onder meer eties van aard. Vrae oor die impak van vervaardiging op mense se gesondheid, hulle woonplek, veiligheid en sekuriteit kan gevra word. Dit het ook ’n impak op die omgewing, water, energie, volhoubare leefruimtes en meer. In aansluiting hierby, gaan dit ook oor werkers se regte, volhoubare hulpbronne, die vermindering van vermorsing en ander vrae relevant tot etiese vervaardiging.
Etiese vervaardiging gaan oor meer as net ISO standaarde. Etiek is die keuse tussen wat moreel reg of verkeerd is, terwyl standaarde verwys na nakoming en kwaliteitskriteria. Norm- en beginsel-gebaseerde riglyne is nodig om brose gemeenskappe te beskerm, ‘n volhoubare omgewing, bekostigbare en toeganklike produkte, en sosiale samehorigheid te verseker. ’n Christelike etiek perspektief is gebruik om riglyne te formuleer vir die samehang tussen vervaardiging en publieke gesondheid.
Hierdie artikel ondersoek die betekenis van ’n Christelike etiek vir vervaardiging in samehang met publieke gesondheid. Dit bestudeer hoe die voorgestelde riglyne die waardigheid van werkers (as produseerders) en die publiek (as verbruikers) kan bevorder.
’n 3D gevallestudie word gebruik ter illustrasie van ’n publieke gesondheidsraamwerk wat etiese vervaardiging kan bevorder
Is data on this page outdated, violates copyrights or anything else? Report the problem now and we will take corresponding actions after reviewing your request.