Die bestuur van fisiese bates het in die afgelope tyd al meer belangrik geword, veral in bate intensiewe organisasies. Hierdie artikel stel ’n metode voor wat die betroubaarheid van rollende materiaal bates in die spoor bedryf kwantifiseer deur gebruik te maak van falingstatistiek. Falingverspreidings en interafhanklikheid van stelsels word gebruik om te bepaal wat die invloed is van komponent falings op die betroubaarheid van die totale stelsel. Hierdie benadering word dan gebruik om die betroubaarheid van individuele treinstelle te bepaal. Aanbevelings word ook gemaak hoe om betroubaarheid te gebruik om die beplanning van instandhouding te doen
Is data on this page outdated, violates copyrights or anything else? Report the problem now and we will take corresponding actions after reviewing your request.