Administrasie in die maatskaplike werk met besondere verwysing na vier funksies in bestuur, naamlik beplanning, organisasie, leidinggewing en beheer, soos toegepas in drie geselekteerde projekte

Abstract

Die studie is deur 'n beroepsmaatskaplike werker onderneem en spruit uit haar praktiese ervaring in Wes-Kaap. Die tydperk van die studie strek vanaf 1980 tot die begin van 1983. Dit beskryf drie maatskaplikewerkprojekte. Die skryfster gaan van die hipotese uit dat die sukses van 'n maatskaplikewerk-projek in 'n groot mate afhang van doelgerigte administrasie daarvan. Die studieveld is dus maatskaplikewerk-administrasie. Vier bestuursfunksies, naamlik beplanning, organisasie, leidinggewing en kontrole (of beheer) word uitgesonder as aanduidend of maatskaplikewerk-administrasie geslaagd is al dan nie. Die "bestuur" van die drie projekte word beskryf en beoordeel volgens hierdie vier bestuursfunksies. Die gevallestudiemetode word gebruik; elkeen van die drie projekte word as 'n geval beskou. Die beperkinge van die studie word uitgewys; 'n literatuurstudie word aangebied; Suid-Afrikaanse wetgewing, wat op die projek betrekking het, word bespreek; die drie projekte self word seriatim beskryf en geëvalueer. Die slothoofstuk gaan oor bevindings en gevolgtrekkings, ook met verwysing na die etiese beginsels van die maatskaplikewerkberoep

Similar works

This paper was published in Cape Town University OpenUCT.

Having an issue?

Is data on this page outdated, violates copyrights or anything else? Report the problem now and we will take corresponding actions after reviewing your request.