Location of Repository

Op soek na ’n spoor van die mens buite Afrika

By A. Spies

Abstract

Die datering van die Pleistoseen, wat die Ystye insluit, is noodsaaklik. ’n Periode van “normale” magnetisme, genoem die Olduvaigebeurtenis, dateer van ongeveer 1,8 m.j.g. Dit word aanvaar as die begin van die Pleistoseen en dit lê binne die Matuyamaommekeerepog, wat eindig teen 700 000 j.g. Die grens tussen die Middel-Pleistoseen en die Bo-Pleistoseen is 125 000 j.g., wat ook die begin van die Eemtussenystyd is. In die Ooste is hominiedfossiele in sowel Java as by Tsjoekoetien, China, ontdek. Uit publikasies is die “Man van Java” en die “Man van Peking” goed bekend. Vandag word na hierdie soort mens as Homo erectus verwys. Uitkenbare trekke is: prominente supra-orbitale torus en postorbitale insnoering; prognatisme en hoekige oksipitale. Die res verskil nie veel van ’n hedendaagse skelet nie. Die fossielbene uit Europa is baie min, maar kom ooreen met H. erectus van die Ooste, en dateer ook almal uit die Middel-Pleistoseen

Topics: Technology (General), T1-995, Science, Q
Publisher: AOSIS
Year: 1987
DOI identifier: 10.4102/satnt.v6i1.935
OAI identifier: oai:doaj.org/article:6052552933a34dedbb78a8ff3ca0ba66
Journal:
Download PDF:
Sorry, we are unable to provide the full text but you may find it at the following location(s):
  • https://doaj.org/toc/2222-4173 (external link)
  • https://doaj.org/toc/0254-3486 (external link)
  • http://www.satnt.ac.za/index.p... (external link)
  • https://doaj.org/article/60525... (external link)
  • Suggested articles


    To submit an update or takedown request for this paper, please submit an Update/Correction/Removal Request.